Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 5

Оглавление

Sport is deel van ons lewe. Miskien was jou oupa of ouma ’n beroemde sportman of -vrou! Daar is mense wat so baie van sport hou dat hulle dit elke dag wil doen en daar is mense wat dit glad nie wil doen nie. Waar pas jy in? Neem jy deel aan sport omdat die skool sê jy moet of omdat dit vir jou lekker is?

Luister na en lees ’n gedig oor ’n goeie Suid-Afrikaanse atleet. Jy gaan ook vrae oor die gedig moet beantwoord. Skryf later self ’n gedig.

In hierdie module gaan ons aktiwiteite rondom sport doen. Leer van jeugverhale en van Jasper se spykerskoenedroom. Berei dan ook die gedeelte vir hardoplees voor.

Oefen vlug- en soeklees en beantwoord vrae oor die storie. Gebruik dan jou taalkennis oor skryf- en leestekens asook lidwoorde.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 na ’n gedig luister

 die gedig bespreek

 vrae oor die gedig beantwoord

 idiome en vergelykings reg gebruik.


Luister na ’n gedig

Jou onderwyser gaan ’n gedig vir jou lees. Luister goed, want julle gaan die gedig bespreek.

Preluister

 Wat is jou gunstelinggedig? Hoekom hou jy van die gedig?

 Lees julle gunstelinggedigte vir mekaar.

 Beskryf die prentjie by hierdie gedig.

 Gaan die gedig oor ’n man of vrou? Hoekom sê jy so?

 Watter sport dink jy doen die persoon?

Tydens luister

Luister nou goed terwyl jou onderwyser die gedig lees.

Postluister

Gesels oor die volgende:

 Het jy van die gedig gehou? Hoekom sê jy so?

 Oor wie gaan die gedig? Hoe weet jy dit?

 Watter prys kry ’n wenner by die Olimpiese Spele?

 Kan iemand bene van staal hê? Gee ’n rede vir jou antwoord.

 Kies die regte antwoord: As jou gesig “strak” is, dan wys jy hoe jy voel/wys jy nie hoe jy voel nie.

Beurtlees: Maak nou beurte om die gedig te lees.

Prelees

 Wie is die digter?

 Waarom dink jy het die digter hierdie gedig geskryf?

Vinniger, Hoër, SterkerOpgedra aan Matthews Batswadi vir sy prestasie gedurende die apartheidsjare.1Goud wink vir hom2in die pylvak.3Nes ’n oopkelk blom4bly sy gesig strak.5Staalbene rek6maak plek vir meer7in ’n finale strek.8Oplaas kom die eer.9Stralend vereer10en trots gebou.11Mynwerker van weleer.12Ons vir jou, ons vir jou!BesprekingTitel: Die Olimpiese Spele se leuse (slogan).Subtitel: Gee ’n agtergrond oor wie die gedig gaan.r. 1: Die medalje as jy eerste kom.r. 2: Die laaste gedeelte voor die wenpaal.r .3: Soos ’n blom wat oopmaak en blom.r. 4: Wys nie hoe hy voel nie.r. 5: Bene is goed geoefen.r. 6: Begin vinniger hardloop.r. 7: Die laaste paar meter voor die wenpaal.r. 8: Kry uiteindelik erkenning. (Get acknowledgement)r. 9: Glimlag en is baie bly.r. 10: Hy staan trots, is nie skaam nie.r. 11: Die werk wat hy gedoen het.r. 12: Aanhaling uit “Die Stem”

(Jax Pretorius. Ongepubliseer)

Beantwoord die volgende vrae oor die gedig.

1. Uit hoeveel versreëls bestaan die gedig?

2. Vul die antwoord in: Die gedig het . . . strofes en . . . versreëls.

3. Skryf die rymwoorde in elke strofe neer.

4. Skryf die woord in versreël 2 neer wat bewys hy hardloop na die wenpaal.

5. Watter werk het Matthews Batswadi gedoen?

6. Verduidelik wat met die woord “goud” in versreël 1 bedoel word.

7. Kies die regte woord. Die vergelyking in versreël 3 beteken . . .

a. hy het altyd ’n blom saamgedra.

b. sy gesig is vol konsentrasie soos ’n blom wat stip na die son kyk.

c. die toeskouers gooi hom met blomme.

8. Dink jy, nadat jy die gedig gelees het, dat Matthews Batswadi ’n rolmodel was?

9. Wat dink jy bedoel die digter met die slotreël?

Leer die woordeskat hieronder vir ’n klastoets.


Woordeskat in konteks

fluitjie – Die skeidsregter blaas sy fluitjie toe die doel geskop is.

kampioen – Daardie atleet is ’n kampioen, want hy het al ’n medalje op die Olimpiese Spele gewen.

ondersteuner – Jy kan my ’n ondersteuner van die Stormers noem, want ek is elke Saterdag op die pawiljoen.

skeidsregter – Die skeidsregter het die sokkerspeler met ’n rooi kaart van die veld af gestuur.

toeskouer – Ek weet jy hou van rugby, maar is jy ’n speler of ’n toeskouer wat op die pawiljoen sit en kyk?

Idiomatiese uitdrukkings

Die snuf in die neus kry – agterkom iets is nie reg nie

Die rieme neerlê – weghardloop, die loop neem

Die stoute skoene aantrek en iets doen – al jou moed bymekaarskraap en iets doen

My vingers jeuk om dit te doen – ek is baie lus om dit te doen

Vergelykings

So rooi soos bloedSo skaars soos hoendertande
So rooi soos ’n kalkoenSo slim soos die houtjie van die galg
So sag soos satynSo soet soos suiker
So siek soos ’n hondSo stadig soos ’n trapsuutjies

Taal in konteks

Idiomatiese uitdrukkings en vergelykings (Module 1) kan ’n gedig ook interessant maak.

1.Kies die betekenis in kolom B wat by die idioom in kolom A pas.

Kolom AIdiomatiese uitdrukkingKolom BBetekenis
a. Aanhouer wenb. Agteros kom ook in die kraalc. Bokant my vuurmaakplekd. Die paal haale. Tou opgooiOm op te hou om te probeerDis te moeilik vir myAs jy aanhou probeer, sal jy sukses behaalOm suksesvol te weesStadige mense bereik ook die eindpunt

2. Gebruik ’n woordeboek en soek die betekenis van die volgende idiome op. Maak ’n goeie sin met die idioom. Die basiswoord is onderstreep.

a.’n Hond uit ’n bos gesels.

b.Ligloop vir iemand.

c.Jy kan dit maar op jou maag skrywe.

3. Voltooi die volgende vergelykings. Die illustrasies kan jou help.


a. So verstandig soos . . .

b. So vinnig soos . . .

c. So vry soos ’n . . .

d.So vuil soos ’n . . .

4. Voltooi nou self die volgende vergelykings.

a. So waar soos ek . . .

b.So wit soos ’n . . .

c. So steeks soos ’n . . .

d. So sterk soos ’n . . .

e. So stil soos ’n . . .


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 meer van skryf- en leestekens leer

 skryf- en leestekens korrek in sinne gebruik.

Skryftekens is belangrik by sekere woorde. In ’n neutedop wys jou hoekom.


Blaai ook na die Taalgids agter in die boek waar meer voorbeelde en gebruike van skryftekens gegee word.

Deeltekens (¨)

 Die deelteken word gebruik om aan te dui waar die volgende lettergreep begin: be/ëdig. Jy sê die woord ook makliker: vo/ëls (teenoor voels).

Die koppelteken (-)

Hierdie skryfteken koppel woorde aan mekaar wat een gedagte vorm.

 As ’n weglaatteken in woorde soos assistent- en hoofredakteur.

 Wanneer ʼn syfer, simbool, getal, afkorting of letternaam met ʼn woordelement verbind: R200-noot.

 By herhalingsamestellings: boetie-boetie, so-so, tjou-tjou.

Die afkappingsteken (’)

Die volgende woorde word met ʼn afkappingsteken geskryf:

 Die meervoud en verkleining van naamwoorde en eiename wat eindig op i, o, u en ʼn lang uitgespreekte a-klank wat met slegs een a gespel word en die hoofklem dra: Van Breda’s, farao’s/farao’tjie. Woorde soos oumas/dramas/oupatjie eindig nie op ʼn lang -a nie en kry daarom nie ʼn afkappingsteken nie.

 Die meervoud en verkleining van letters van die alfabet, syfers, gewone afkortings, afkortings van grade en diplomas: gr. 7’s of gr. 7’tjies.

Die kappie (ê û î ô)

Die kappie word net op die volgende vokale geplaas . . .

 (e, o, u, i) wat in ʼn oop lettergreep ʼn lang gerekte klank het: affêre, sê; rûe, môre; wîe. Die kappie word nie gebruik as die o-klank deel van ʼn diftong is nie: rooi, boikot.

 wanneer die e-klank in geslote lettergrepe wat op ʼn enkelkonsonant eindig ʼn baie lang klankwaarde het: skêr; sekondêr.

Aksenttekens (´)

Die akuutaksent (á, é, ó, úí) word net op vokaalletters en diftonge gebruik:

 Om te beklemtoon: ongelóóflik, déúr, héilig.

 In woorde van vreemde herkoms: détente. Ook op sekere eiename van vreemde herkoms: Esmé.

Gravis (`)

Die gravis word ook net op vokaalletters gebruik.

 Dit word in ʼn paar Afrikaanse woorde gebruik om die spesiale uitspraak van die letter e aan te dui: appèl; dè; hè; nè.

 Dit word ook op sekere leenwoorde gebruik: crèche.

Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

1. Kies die regte woord tussen hakies.

a. Die afrigter (deel/deël) die balle uit.

b. Die skeidsregter maak seker die spelers hou by die (reels/reëls).

c. Die ballerina is altyd op (dieet/dieët).

d. Bafana se hemp het ’n (vnek/v-nek).

e. Die toeskouers se (hoera’s/hoeras) weergalm deur die stadium.

f. Die (laerskool/laërskool) se atlete is goed geoefen.

2. By tien woorde hier onder is die skryfteken óf uitgelaat óf verkeerd gebruik. Skryf die paragraaf oor en verbeter die foute wat gemaak is.

Die byeenkoms was vir Jasper ’n groot geleëntheid. Hy is ’n vroee mens wat soggens onder twee brue deur hardloop. Hy draf die 5-km lag-lag in 6-minute sonder om te sweet. Nog Jasper nog sy ouers kan die spykerskoene bekostig. Jasper het nog net één keer appël teen ’n uitslag aangeteken. Die 400 m wedloop is sy beste item. Jasper warm al in die groot bome se skadus op.

3. Voltooi die sinne met die regte vorm van die woord. Die skuinsgedrukte woord is jou leidraad.

a.Jasper is ’n stewige seun, hy is . . .

b.Jasper is ’n fikse atleet, hy is . . .

c.Jasper is goed, hy is ’n . . . atleet.

d.Cheryl is fiks , Tayler is . . ., maar Siya is die . . .

e.Die o.14-hekkies is hoog , die o.15-hekkies is . . . en die o.16-hekkies is die . . .

f.Na die resies was Jasper moeg , Casper was nog . . . en Sibona was die . . .


In ’n neutedop leer jou meer van leestekens. Blaai ook na die Taalgids agter in die boek vir meer voorbeelde en gebruike van die verskillende leestekens.


Die punt (.)

 Kom aan die einde van ʼn sin.

 By afkortings: s.nw., bv.

Die kommapunt (;)

Dit wys daar is ’n pouse langer as dié van ʼn komma, maar korter as dié van ʼn punt. Die kommapunt word ook gebruik:

 Om afsonderlike gedeeltes wat tot een sin of gedagte-inhoud behoort, te skei. Byvoorbeeld: Jy het goeie punte behaal; daarom moet jy aansoek doen vir ʼn beurs.

Vraagteken (?)

 Dit kom aan die einde van ʼn direkte vraag, of ʼn vraagwoord. Byvoorbeeld: Wanneer gaan jy die vuilgoedsakke uitsit?

Die uitroepteken (!)

 Dit beklemtoon ʼn woord of gedagte en wys byvoorbeeld as iets baie dringend is. Byvoorbeeld: Nee!

 Kom aan die einde van ’n bevelsin, opdrag en uitroepsin voor: Kyk agter jou!

Die dubbelpunt (:)

 Die direkte rede volg na ʼn dubbelpunt: Onderwyser: “Waar bly jy so lank?”

 Word gebruik wanneer jy iets wil beklemtoon. Byvoorbeeld: Dié dinge is belangrik: geloof, hoop en liefde.

Die aandagstreep (–)

 Vestig die aandag op dit wat volg: Vir al my hulp tydens die eksamen kry ek – ʼn boks sjokolade!

Hakies ()

Dui verdere of nuwe inligting aan. Ronde hakies word gebruik om ʼn letter, ʼn woord of selfs sin as verduideliking, vertaling of wisselvorm by te voeg. Byvoorbeeld: gister (Saterdag); Curriculum vitae (lewensbesonderhede); opdraand(e)

Komma (,)

 Word gebruik tussen twee of meer selfstandige naamwoorde en beskrywende woorde, byvoorbeeld: Ek het my handdoek, tandeborsel, tandepasta en nagklere vergeet.

 Voor en na die naam van ʼn persoon wat aangespreek word. As die naam in die begin van ʼn sin staan, kom die komma na die naam. Byvoorbeeld: Olga, kan jy my help asseblief?

 Tussen twee gesegdes (werkwoorde). Byvoorbeeld: Of hy gaan werk soek, weet ek nie.

 Voor die voegwoorde want, maar, as, dat en of.

Die ellips (. . .)

 Bestaan uit drie punte of kolletjies.

 Word gebruik om ʼn atmosfeer te skep soos spanning, afwagting, beklemtoning en onsekerheid.

 Dui ʼn verloop van tyd aan.

Aanhalingstekens (“ ”)

 Dit word gebruik om iemand se direkte woorde aan te dui (direkte rede): “Christien, ek moet met jou praat.”

Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

4. Verbeter die volgende sinne deur hoofletters en die regte lees- of skryftekens te gebruik:

a. Wat dink jy doen jy vra die skeidsregter vir die vleuel

b. Die eindtelling was 34 12

c. In die vsa speel die amerikaners nie krieket nie

d. Sy is deel van die o14 gauteng span vir swem.

e. Sport het baie voordele fiksheid en sosialisering is twee.

f. chantelle en bianca ry perd op hulle ouma se plaas.

g. die oupas en oumas kyk elke vrydagaand saam met die pas en mas na die tafeltenniskompetisie op sabc 2.

h. die skool se o 18 netbalspan is die beste in die provinsie

i. waterpolo atletiek krieket en tennis is somer aktiwiteite

5. Skryf die volgende paragrawe oor en gebruik die nodige leestekens.

Willem loer versigtig om die deur van die badkamer waar is die res van sy spanlede hulle was netnou almal nog hier rond in die donker gang van die koshuis oor ’n paar uur vertrek die skoolbus terug huis toe dit was ’n heerlike sporttoer hoekom voel hy dan nou so onrustig

Wat het daardie geluid gemaak wie haal hier naby asem

Willem wat maak jy hier in die badkamer skreeu meneer du toit almal sit al in die bus en wag om te ry. Ja-nee mannetjie dit gebeur as jy nie tot rus wil kom wanneer jy moet nie ek los jou sommer hier.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 ’n kort stukkie uit ’n storie lees

 vrae oor die storie beantwoord

 die storie vir hardoplees oefen

 taalkennis toepas.

In die vorige module het julle ’n kortverhaal gelees. Lees nou wat die kenmerke (features) van ’n jeugroman is.


Die hoofkenmerke van ’n jeugroman is:

 Dit word gewoonlik uit ’n tiener se oogpunt vertel.

 Volwassenes speel dikwels geen rol nie of ’n baie klein rol in die verhaal.

 Die tempo van die verhaal is gewoonlik vinnig.

 In die meeste verhale moet hoofkarakters sukkel met probleme waarmee vandag se tieners sal identifiseer.

 Die boeke kan ’n eerste- of derdepersoonsverteller hê.

 Jeugverhale het gewoonlik ’n realistiese einde en nie noodwendig ’n gelukkige einde nie.

 Jeugverhale word nie net deur tieners gelees nie; jong volwassenes en self ouer mense lees dit soms.

 Die taal is soms loslit. Sleng en gemengde taal kom voor om veral dialoog natuurlik te laat klink.

Fanie Viljoen

Lees eers die volgende uittreksel uit Jasper, die atleet.

Jasper, die atleet

C.F. Beyers-Boshoff

Aan die begin van die atletiekseisoen op Leliesvlei trek Jasper se hart met ’n punt (he desires) na ’n paar spykerskoene (spikes) wat hy in die sportwinkel se venster sien lê. Maar waar om die geld te kry, is die groot vraag. Ses rand en dertig sent is sommer baie geld!


Prelees

Bespreek die volgende vrae met jou maat.

 Wie is, volgens die titel, die hoofkarakter?

 Aan watter sportsoort neem die hoofkarakter deel?

 In watter dorp speel hierdie verhaal af?

 Hoe sal jy die karakter se gesigsuitdrukking in die illustrasie beskryf? Waarom sê jy so?

 Hierdie jeugroman is in 1961 geskryf. Dink jy jongmense sal van die boek hou? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Kan jy raai waaroor die storie gaan?

Lees weer die titel en kyk na die illustrasie. Raai nou waaroor die storie gaan. Teken die tabel op bladsy 28 in jou werkboek. Merk jou antwoord in die eerste kolom. Nadat jy die uittreksel uit die verhaal gelees het, gaan jy die derde kolom afmerk. Vergelyk dan jou antwoorde met mekaar. Hoe reg kon jy voorspel?

Voordat jy die uittreksel lees.StellingNadat jy die uittreksel gelees het.
Stem saamStem nie saam nieNiemand hou van Jasper nie.Stem saamStem nie saam nie
Stem saamStem nie saam nieJasper kan nie spykerskoene bekostig nie.Stem saamStem nie saam nie
Stem saamStem nie saam nieJasper hou nie van atletiek nie.Stem saamStem nie saam nie

Vluglees die gedeelte uit Hoofstuk 1 wat hierna volg vir die antwoorde op die volgende vrae.

1. Waar staan Jasper volgens paragraaf 1?

2. Waarna kyk hy volgens die uittreksel van die boekomslag? (Skryf net een woord neer.)

3. Wie is die ander seun (volgens paragraaf 6) wat hy in die venster se weerkaatsing/refleksie sien?

Gebruik jou soekleesvaardighede om die antwoorde op die volgende vrae te kry.

4. Hoe oud is Jasper?

5. Hoeveel kos die spykerskoene?

6. Watter kleur is Mossie se hare?

7. Hoeveel ander atlete spring in sy verbeelding saam met hom weg?


Selfstandige lees

Lees die gedeelte nou aandagtig op jou eie deur.

Hoofstuk 1


1Voor Leliesvlei se enigste sportwinkel staan daar ’n dertienjarige seun. Hy is ’n stewige geboude (well-built) kêreltjie, en in die weerkaatsing (reflection) van die vertoonvenster kan ’n mens sien dat sy pa net gister weer die knipper deur sy hare gestoot het. Ja, dis borselkop Jasper, en sy neus is feitlik plat teen die venster gedruk, want agter daardie helder glas is daar feitlik alles wat ’n sportman se hart begeer.

2Daar is ’n rugbybal, krieketkolf, bokshandskoene, tennisrakette en talle ander sportitems – selfs gholfstokke ook, maar dis nie een van daardie dinge wat sy hart op ’n punt laat trek nie. Nee, daar is iets anders . . .

3“As ek tog maar net ses rand en dertig sent gehad het . . .” gesels sy gedagtes, maar dit is ’n bedrag wat vir hom net so onbereikbaar is as die moontlikheid om voor agtien ’n kuif te hê wat hy kan sien.

4In die weerkaatsing van die vertoonvenster sien hy ’n ander seun na hom toe aangestap kom. Die middagson is op die seun se wortelrooi hare, en hy kom met sy sproetgesig hier langs Jasper staan.

5“Hallo.”

6“Haai, Mossie.”

7“Waarna kyk jy?”

8Jasper antwoord nie, want sy gedagtes is te besig om ’n prentjie van ’n atletiekbaan te skilder. Daar is ses van hulle wat in sy verbeelding aan die honderdmeterwedloop gaan deelneem. Die afsetter het hulle reeds beveel om op hulle merke neer te sak en elke spier in sy liggaam trek gespanne saam. “Gereed . . . !”

(Uit: Jasper, die atleet. J.P. van der Walt en Seun. 1984)


afsetter – die persoon wat atlete met ’n knalpistool laat wegspring

borselkop – haarstyl, baie kort hare

hart trek met ’n punt – hy wil dit baie graag hê

knipper deur sy hare gestoot het – hare is met ’n knipper baie kort gesny

moontlikheid – dit wat moontlik (possible) is

’n hoop pitte – baie geld

onbereikbaar – hy sal dit nooit kan kry nie

stewige geboude – frisgebou, sterk gebou, gespierd

talle – baie

vertoonvenster – winkelvenster waarin die sportitems uitgestal is

weerkaatsing – sy beeld in die winkelvenster

Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

8. Skryf ’n woord uit die eerste paragraaf neer wat bewys dat daar nie ander sportwinkels op die dorp is nie.

9.Kies die regte antwoord. Die woorde “ . . . stewige geboude kêreltjie . . .” beteken . . .

a. hy is van bakstene aanmekaar gesit.

b. hy is baie vet.

c. hy is gespierd.

10.Skryf of die volgende stelling waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

Leliesvlei is ’n baie groot dorp.

Taal in konteks

In die titel kom ’n lidwoord (die) voor wat na ’n spesifieke atleet verwys. In ’n neutedop leer jou meer van lidwoorde.


Lidwoorde

In Afrikaans kom daar twee soorte lidwoorde voor:

 Onbepaalde lidwoord: ’n Atleet hardloop. (Verwys nie na ’n spesifieke atleet nie.)

 Bepaalde lidwoord: Die atleet hardloop. (Verwys na ’n spesifieke atleet.)

Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.

1.Teken die tabel in jou werkboek oor. Breek die woorde op in lettergrepe . (Blaai terug na Module 1 as jy vashaak.)

WoordLettergrepeOop/geslote
dertienjarige
bokshandskoene
vertoonvenster

2.Breek die skuinsgedrukte woorde op in klankgrepe .

a.Sy pa gebruik ’n knipper om sy hare te sny.

b.Tennisspelers speel met verskillende tennisrakette .

3. Kies die regte antwoord. Die woord “dertienjarige seun” kan ook soos volg geskryf word:

a. 13-jarige seun

b. 13 jarige seun

c. 13-jarige-seun

4.Skryf sinonieme (woorde met dieselfde betekenis) vir die skuinsgedrukte woorde neer.

a.“ . . . en sy neus is feitlik plat.”

b.“ . . . elke spier in sy liggaam trek gespanne saam.”

5.Skryf die meervoud en verkleining van die skuinsgedrukte woord neer.

a.Daar is goed in die sportwinkel se venster.

b.Die middagson skyn warm op sy sproetgesig .

c.In sy gedagte is hy op die atletiekbaan .

d.Jasper droom van ’n kuif .

6.Skryf die skuinsgedrukte woorde as syfers/getalle :

a.Die spykerskoene kos ses rand en dertig sestig .

b.Hy hardloop die honderdmeter-wedloop .

c.Hy kan eers ’n kuif groei as hy agtien jaar oud is.


Voorbereide hardoplees


Gaan berei die gedeelte vir hardoplees voor. Oefen om die volgende te doen:

 Spreek die woorde reg uit.

 Almal moet jou kan hoor.

 Moenie te vinnig lees nie, dan praat jy onduidelik.

 Maak kontak met (kyk vir) jou gehoor.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 meer van agtergrond, intrige en ruimte leer

 taalkennis toepas.

In die vorige module het jy van karakters en karakterisering geleer. In ’n neutedop (en die Letterkundegids agter in die boek) gaan jou verder help.


Elemente van ’n roman

 Intrige (verhaalplan) is die verskillende dinge wat in ’n verhaal gebeur. Dit bou die spanning in die storie.

 Konflik (botsing) is die probleem waarmee die karakter(s) sukkel. Daar is verskillende soorte konflik in die lewe:Wanneer een mens in konflik met iemand anders is.Wanneer iemand in konflik met omstandighede (circumstances) is, byvoorbeeld: armoede.Wanneer iemand in konflik met hom-/haarself is.

 Omgewing/ruimte/milieu is die tyd wanneer en plek waar die verhaal afspeel, byvoorbeeld: Voor die sportwinkel of op die atletiekveld.

 Stemming is die atmosfeer wat in die verhaal is. Dit kan vrolik of hartseer wees.

 ’n Verteller is die een wat die verhaal vertel. Daar is verskillende soorte vertellers.Die eerstepersoonsverteller is deel van die verhaal. Dit kan een van die karakters in die verhaal wees. Die woorde “ek” en “my” wys dat die verteller deel van die verhaal is.Die derdepersoonsverteller is iemand wat nie deel van die storie is nie.

Gebruik die uittreksel uit hoofstuk 1 van Jasper, die atleet om die volgende vrae te beantwoord.

Vrae oor die inhoud

1. Waar speel hierdie verhaal af?

2. Hoe lyk Jasper?

3. Hoeveel kos die skoene wat Jasper graag wil hê?

4. Noem drie items wat hy alles in die sportwinkel se venster raaksien.

Maak afleidings

5. Waarom is Jasper ongelukkig?

6. Verduidelik wat bedoel word met “sy hart op ’n punt laat trek” in paragraaf 2.

7. Wat kan jy uit Jasper se optrede in paragraaf 8 aflei toe hy nie op Mossie se groet gereageer het nie?

8.Is die volgende stelling waar of onwaar ? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Jasper wou eerder die stel gholfstokke en ’n krieketbal gehad het.

Hoe voel jy daaroor?

9. Wat sou jy gedoen het as jy Jasper was?

10. Dink jy graad 7-leerders sal van die boek hou? Hoekom?/Hoekom nie?

Leer meer van woordorde in In ’n neutedop.


Woordorde

Woorde word in die volgorde van tyd, wyse en plek in ’n sin gebruik, byvoorbeeld: Hy loop soggens (tyd) vinnig (wyse) straataf (plek).

Taal in konteks

Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.

1.Verander die volgende stelsinne na vraagsinne . Die onderstreepte dele moet die antwoord wees.

a.Jasper bly op Leliesvlei .

b.Jasper druk sy neus plat teen die venster .

c.Jasper het gewens hy kan die paar atletiekskoene kry.

2.Skryf die volgende sinne oor in die toekomende tyd :

a. Daar is ’n rugbybal in die venster.

b. Sy vriend Mossie staan langs hom.

c. Hy kry sy atletiekskoene na drie maande.

3.Skryf die sinne by vraag 12 nou oor in die verlede tyd .

4. Die woordorde in die volgende sinne moet verbeter word. Skryf die sinne reg in jou werkboek oor. Begin met die skuinsgedrukte woorde.

a.Jasper in die oggend oefen by die skool. Jasper oefen . . .

b.In die venster, hy, kyk na, atletiekskoene. Hy . . .

c.Sy vriend, planne maak, saam met hom, sal. Sy . . .

5.Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies:

a. Na die oefening is die atlete (baie moeg).

b. Die rugbyveld is (baie groen).

c. Die atleet is (baie snel).

d. Hulle reën (baie nat) terwyl hulle oefen.

e. Die afrigter was (baie kwaad) toe hulle swak speel.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 ’n gedig skryf.

Skryf ’n gedig

Kyk na die prent hier langsaan en skryf ’n gedig daaroor.


Onthou die volgende:

 Jou gedig moet twee strofes hê.

 Elke strofe moet ongeveer 4 versreëls wees.

 Gebruik verskillende sinsoorte en -lengtes.

 Gebruik ten minste een vergelyking.

 Jy kan jou eie rympatroon kies.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 na die kenmerke van ’n boek kyk

 ’n volksverhaal vir genot lees

 self ’n storie skryf.

Kenmerke van ’n boek

Jy het in die vorige module met die volgende kenmerke van jou Leerderboek kennis gemaak:

 titel, opskrifte en illustrasies

 boekomslag, titelbladsy, indeks, hoofstukke en woordelyste.


Gebruik nou dieselfde kenmerke en vergelyk die Leerderboek en jou Piekfyn Afrikaans Leesboek met mekaar. Doen die volgende:

 Kyk hoe die verskillende boeke se inhoudsopgawe ingedeel is.

 Watter afdelings kom in die Piekfyn Afrikaans Leesboek voor?

 Is daar ’n indeks in die Piekfyn Afrikaans Leesboek? Hoekom/Hoekom nie?

 Kyk of jy kan agterkom of die illustrasies van beide boeke deur dieselfde persoon geteken is of nie. Indien wel, hoe verskil die style van die illustreerders?

Lees gedigte vir genot

Kies enige drie gedigte uit jou Piekfyn Afrikaans Leesboek. Vergelyk hierdie gedigte se struktuur, uiterlike bou, ensovoorts met mekaar. Gebruik die volgende tabel.

Kenmerke van ’n gedigGedig 1Gedig 2Gedig 3
Titel
Digter
Rympatroon
Tipe ritme
Aantal versreëls
Aantal strofes
Hoeveel versreëls het elke strofe?
Het die gedig ’n tema of boodskap?
Hoe sal jy die gedig se atmosfeer beskryf?
Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Подняться наверх