Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 3
ОглавлениеLiewe leerder
Piekfyn Afrikaans is ’n taalteks vol uitdagings vir jou as graad 9-leerder. Hierdie jaar gaan jy met heelwat opwindende en aktuele onderwerpe en idees, hope woordeskat en taalwenke te doen kry sodat jy op ’n interaktiewe wyse Afrikaans leer en funksioneel en kreatief gebruik.
Die modules is ingedeel volgens eietydse en aktuele temas en kontekste wat verband hou met jou belangstellings en jou leef- en ervaringswêreld as Graad 9-leerder. In elk van hierdie modules gaan jy met al die taalvaardighede te doen kry en belangrike begrippe en woordeskat van ander vakke leer sodat jy teen die einde van die jaar met vlieënde vaandels kan slaag en kan uitsien na die uitdagings van Graad 10.
Assessering bly altyd ’n belangrike kwessie en daarom word daar van jou verwag om self, in pare of in groepe, eie en ander se werk te assesseer. Sodoende bly jy die heeltyd bewus van jou leerproses en vordering in die suksesvolle bereiking van al die vereistes van die formele assesseringstake en die eksamen.
Ons hoop dat Piekfyn Afrikaans vir jou ’n nuttige en heerlike leerervaring sal wees.
Die samestellers