Читать книгу Mieke rock uit - Jana du Plessis - Страница 4

Оглавление

Ek het ’n reuse ondersteuningsnetwerk en sonder my mense sou Mieke nie gebeur het nie.

Hester – jy bly my koelkop-standvastigheid in die warboel wat in my kop aangaan. Dankie vir jou.

My ouers en twee sussies hou nooit op om vir my te cheer en my te ondersteun nie. Ek waardeer julle onmenslik baie.

My goeie vriend Martin Venter, wat saam met my verlief geraak het op die storie nog voor ek begin skryf het – vir jou is ek innig dankbaar. Jou oproepe, e-posse, aanmoediging en geloof in my het my deur die skryf van hierdie boek gedra.

Ek is gebless met ongelooflike vriendinne – Carmen, Yolanda, Martelise, Melanie, Nadine en Karmen – dankie dat julle saam met my droom, worstel, vra en glo. Julle is altyd eerste om te luister na my ellelange gepraat oor my skryfproses en om tou te staan om my boeke te koop. Ek love julle!

Daar is soveel wat gebeur met die skryf van ’n boek en die positiewe mense wat ek langs die pad ontmoet, help my om aan te hou glo in my stories. Suzette Kotzé-Myburgh, dankie vir die mooimaak en opruim van my boeke.

Sonder my lesers sou ek ook nie vreeslik ver gekom het nie – dankie vir die lekker terugvoer en die deel van stories wat vir ons saakmaak.

Mieke was ’n lonely boek, maar met Hester en Suzette agter my kon ek haar laat rock.

Mieke rock uit

Подняться наверх