Читать книгу Ratels - Leon van Nierop - Страница 4

Оглавление

IN MY RUGSAK

Die ratel

Ratels is oorwegend alleenlopers en, nou ja, rateltaai. Het jy geweet daar is geen ooglopende verskil tussen mannetjies en wyfies nie? Hulle grawe agter spinnekoppe, skerpioene, bye en reptiele aan. Heuning­wysers lei die ratel gewoonlik na ’n byenes toe. Hulle velle is geweldig dik en dit beskerm hulle teen selfs die mees gedugte aanvaller, veral wanneer hulle teen ’n groep bye te staan kom. Hulle is baie aggressief en selfs onverskrokke. G’n wonder nie, want hulle voorkloue lyk soos lang, krom messe. Hulle anale kliere skei ’n stank af as hulle skrik, en party mense sê hulle bedwelm bye daarmee wanneer hulle heuning uithaal. Hulle vreet ook graag klein voëltjies en slange.

Neem saam as jy ratels soek

Jou verkyker, ’n kamera, spinnekoppe (in ’n bottel!) en heuning. En Bon Iver-musiek vir terwyl jy moet wag.

Jy sê net vir ’n girl sy is regtig stunning as sy die remote control vashou en jy wil eintlik Glee kyk.

Ratels

Подняться наверх