Читать книгу Ratels - Leon van Nierop - Страница 8

Оглавление

IN MY RUGSAK

Die termiet

Termiete bly in kolonies in groot termiethope of termietariums, wat in die spreektaal verkeerdelik as “miershope” beskryf word en wat jy oral in die bosveld sien. Elke termiet kom van ’n koning en koningin af, en elkeen het sy eie spesifieke werk wat hy moet doen. Hulle werk meest­al in moddertonnels. Termiete vreet hout van binne af en omtrent alles wat voorkom. “Paddastoele” (fungusse) help hulle hiermee. Hulle maak binne-in paddastoeltuintjies nes. Dié verteer die hout en gras wat die termiete indra, en die verteerde eindproduk word dan kos vir die termiete. Op hierdie manier hou hulle die bosveld skoon. Hulle hou die grond ook klam en bemes dit selfs as gevolg van die goed wat hulle van onder af uitbring. Veral jakkalsbessies, huilboerbone en die njalabome groei graag op miershope.

Neem saam as jy na termiete soek

Net jou verbeelding, want elke miershoop lyk anders en is tot twee meter­ hoog. In die Laeveld het dit meesal ’n tuit bo-op, amper soos ’n skoorsteen. Party grasdraer-termiete maak ronde koepels – kleiner as tuit­hope. Ander gaan ondergronds en al wat ’n mens sien, is hulle gaatjies en ’n klompie sandkorrels op die oppervlak.

Party B & B’s waarin ek en my ma al gebly het, was so basies, jy moet jou eie bed en brekfis bring.

Ratels

Подняться наверх