Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 18
ОглавлениеDie hen hardloop na ’n seuntjie en sê:
“ Seuntjie, kom skud die akkerboom,
dan gee hy my ’n akkerdoppie,
dan gee die stroompie vir my water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Die seuntjie sê:
“ Gee my ’n paar skoene,
dan skud ek die akkerboom.”
Die hen hardloop na die skoenmaker anderkant die
bruggie en sê:
“ Skoenmaker, gee my ’n paar skoene,
dan skud die seuntjie die akkerboom,
dan gee die akkerboom my ’n akkerdoppie,
dan gee die stroompie vir my water.
Diedeldonsie hik en verstik.”
Diedeldonsie
8