Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 23

Оглавление

Kokkenennetjie vlieg op ’n stoel, maar Jakkals

gryp haar en prop haar in sy sak. Muis glip onder die

tafeldoek in, maar Jakkals pluk hom uit en stop hom in

sy sak.

“Help! Help!” kraai Haan en flapper sy vlerke, maar

Jakkals gryp hom aan sy keel en druk hom in die sak.

Hy bind die sak toe en gooi dit oor sy skouer. Heelpad

huis toe fluit hy vrolik op die wysie van “My liewe

Kokkenennetjie, my liewe klein dingetjie”.

“O tog, o tog!” kla Muis en Haan in die sak.

Maar Kokkenennetjie kloek saggies: “Toemaar, ek

het ’n plannetjie klaar.”

Die son brand, die sak is swaar, en gou-gou plof

Jakkals neer onder ’n koelteboom. Pfoefff, blaas hy.

“Eers bietjie rus.” En grr, grr, snork hy, vas aan die

slaap.

Toe haal Kokkenennetjie ’n skêr, ’n naald en garing

uit haar voorskootsakkie. Soos blits knip sy ’n gaatjie

in die sak en sê vir Muis: “Glip uit en gaan haal ’n klip

wat net so groot is soos jy.”

My liewe Kokkenennetjie



13

In die land van pamperlang

Подняться наверх