Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 25
ОглавлениеMuis maak so en kom druk die klip in die sak.
Kokkenennetjie knip die gat groter. “Toe, Haan,”
sê sy, “gaan haal ’n klip net so groot soos jy.”
Haan maak so en kom druk die klip in die sak.
Toe glip Kokkenennetjie uit die sak, sy gaan haal ’n
klip net so groot soos sy en druk dit in die sak. Daarna
werk sy die gat toe met haar naald en gare.
En dáárna hardloop die drie blitsvinnig na hulle
houthuisie, sluit die groen deur en trek die groen
gordyntjies toe.
“Sjoe, dit was byna!” sug Kokkenennetjie en sit die
ketel op vir ’n bietjie bossiestee.
En Jakkals? Hy het eers wakker geword toe die son
al laag sit. Oe, lekkerrr, dink hy, vanaand eet ek vet
hoendervleis.
Steun-steun loop hy met sy swaar sak tot by sy huis
in die populierbos. Hy maak ’n vuur en sit ’n groot pot
met water op. Toe maak hy die sak se toutjie los. Daar
rol ’n klein klippie uit, toe ’n groot klip, en toe nog ’n
groot klip. “Ai, waau, waau, waau!” huil Jakkals. Hoe
My liewe Kokkenennetjie
15