Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 29

Оглавление

Toe grom en brom die wolf: “Nou dan snoef ek en

snuif ek en blaas jou strooihuis om!” En hy snoef en

hy snuif en pfffuut, pfffuut, blaas hy Eerste Varkie se

strooi­huisie om. Eerste Varkie storm by die agterdeur

uit, reguit na Tweede Varkie se stokkieshuisie. Wlap!

klap hulle die deur toe.

Sjloef, sjloef, sjloef, sluip Wolf nader uit die bos. Tok, tok,

tok, aan die deur van Tweede Varkie se stokkieshuisie.

“ Ottepotjie, Ottepot,

maak oop die deur

voor ek binnetoe beur!”

“Nog nooit nie!” sê Tweede Varkie.

Toe grom en brom die wolf: “Nou dan snoef ek en

snuif ek en blaas jou stokkieshuis om!” En hy snoef en

hy snuif en pfffuut, pfffuut, blaas hy Tweede Varkie

se stokkieshuisie om. Eerste Varkie en Tweede Varkie

storm by die agterdeur uit, reguit na Derde Varkie se

baksteenhuisie. Wlap! klap hulle die deur toe.

Die drie Ottepotte en die wolf



19

In die land van pamperlang

Подняться наверх