Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 35
Оглавление“Liewe Baardman,” kwetter Tinktinkie, “jy het die
sagste, warmste baard vir ’n tinktinkie-nessie.”
Skoenlapper fladder in en uit die lang wit baard en
sê: “Jy moet nooit jou baard sny nie. Dis die lekkerste
blyplek vir my.”
En Liewenheersbesie maak haar rooi vlerkies met
die swart kolletjies oop en sê: “Hier in jou lang wit
baard voel ek veilig.”
Dan glimlag die ou, ou man. Sy oë blink. En hy
vergeet heeltemal dat hy al oor sy lang baard begin val . . .
Maar op ’n dag kry hy ’n verkoue. ’n Nare verkoue.
’n Aaklige verkoue.
’n Al-ler-aak-lig-ste verkoue.
Eers word sy neus so rooi soos ’n beet.
Toe begin sy oë water.
En toe begin hy nies!
A-tie-sjoe! A-tie-sjoe! Aaaaa-tiésssjjj!
By die heel laaste aaaaa-tiésssjjj! fladder Tinktinkie
en Skoenlapper en Liewenheersbesie verskrik uit sy
baard. Dit voel of die wêreld om hulle ontplof.
Die ou, ou man met die lang spierwit baard
25