Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 27

Оглавление

Die drie Ottepotte

en die wolf

Eenmaal was daar drie klein varkies. Hulle name was

Eers­te Varkie, Tweede Varkie en Derde Varkie. En

hulle van was Ottepot.

Op ’n dag sê hulle vir hulle ma: “Ons wil ’n bietjie

die wye wêreld leer ken. Totsiens, Ma! Toerieloe!”

Mamma Ottepot vee ’n traantjie af en waai met

haar sakdoek.

“Mooi loop, Ottepotjies. Pasop vir die wolf. En ont-

hou, as mens klein is, moet jy slim wees.”


Die drie Ottepotte en die wolf



17

In die land van pamperlang

Подняться наверх