Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 28
ОглавлениеEerste Varkie draf tot hy by ’n hoop strooi kom, en
hy bou vir hom ’n strooihuisie.
Die strooihalms knak in die wind, maar Eerste
Varkie is baie tevrede met sy huis.
Tweede Varkie gaan maak stokkies bymekaar en
bou vir hom ’n stokkieshuisie.
Die stokkies kraak in die wind, maar Tweede Varkie
is baie tevrede met sy huis.
Derde Varkie soek en soek tot hy genoeg bakstene
bymekaar het, en hy bou vir hom ’n baksteenhuisie.
Die baksteenhuisie staan stewig en vas in wind en
reën. Derde Varkie is hoogs tevrede met sy huis.
Sjloef, sjloef, sjloef, sluip Wolf nader uit die bos. Tok,
tok, tok, aan die deur van Eerste Varkie se strooihuisie.
Ottepotjie, Ottepot,
maak oop die deur
voor ek binnetoe beur!”
“Nog nooit nie!” sê Eerste Varkie.
Die drie Ottepotte en die wolf
18