Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 30
ОглавлениеSjloef, sjloef, sjloef, sluip Wolf nader uit die bos. Tok, tok,
tok, aan die deur van Derde Varkie se baksteenhuisie.
“ Ottepotjie, Ottepot,
maak oop die deur
voor ek binnetoe beur!”
“Nog so nooit as te nimmer!” sê Derde Varkie.
Toe grom en brom die wolf: “Nou dan snoef ek en
snuif ek en blaas jou baksteenhuis om!” En hy sssnoef en
hy sssnuif en hy sssnoef en hy sssnuif, maar hy kry dit nie
reg om Derde Varkie se baksteenhuisie om te blaas nie.
“Dan glip ek met die skoorsteen af, maar vang gaan
ek julle vang!” skree die wolf.
Derde Varkie bly doodstil. Hy sit gou ’n pot water
in die kaggel neer reg onder die skoorsteen, en hy en
Tweede Varkie en Eerste Varkie maak ’n yslike vuur
onder die pot.
Sjlirre-sjlorrr, glip Wolf met die skoorsteen af. Hy
plons binne-in die pot kookwater! En dit was die laaste
hoor en sien van Wolf.
Die drie Ottepotte en die wolf
20