Читать книгу In die land van pamperlang - Linda Rode - Страница 36

Оглавление

“Liewe Baardman,” sê Tinktinkie treurig. “So ’n

ont­ploffing is te erg vir ’n tinktinkie. Ek gaan vir my

’n nessie maak in ’n stewige boom met digte blare.”

Skoenlapper fladder om die ou man se kop.

“Verskoon tog,” sê sy met ’n sagte stemmetjie, “maar

ek gaan bly liewer in die kelk van ’n lelieblom. Daar is

dit veiliger.”

En Liewenheersbesie sê: “Jammer, maar ek gaan

bly liewer op ’n groen vinkelstingel. Jou baard raak

nou ge­vaarlik.”

Toe gaan staan die ou, ou man met die lang spierwit

baard vir die eerste keer in jare voor ’n spieël.

Hy sê: “Dis waar. My baard raak gevaarlik! Môre-

oormôre val ek oor my eie baard en breek my been.

Waar’s my skêr?”

Hy gaan soek sy skêr wat al jare weg is. Toe hy hom

eindelik kry, knip hy sy baard zirts, zirts, af. Mooi kort

en netjies.

Hy kyk weer in die spieël en hy sê: “Haai, hoe jonk

lyk ek nou.”

Die ou, ou man met die lang spierwit baard



26

In die land van pamperlang

Подняться наверх