Читать книгу Brigadier en die raaiselponie - Marga Jonker - Страница 9

6

Оглавление

Kenmekaar

Ná die lang dag op die pad kan Brigadier nie wag om sy bene te rek nie, maar die vreemde plek maak hom senuagtig. Die donkerbruin perd snuif die lug, trek sy lippe skeef, runnik en ruk aan sy haltertou. Met ’n geswaai van sy kop gooi hy sy groot lyf rond en trap-trap met sy swart bene.

Zahn laat hom met moeite tru uit die sleepwa. Dit is al byna donker, maar sy wil hom net gou in die kamp laat hardloop. Ben kyk wat sy doen, maar kom nie nader om die kamp se hek oop te maak nie.Val het hom aan die arm beet en dit lyk asof hulle glad nie sien hoe sy met Brigadier sukkel nie.

“Die eienaar van die plek is al na haar huis toe, maar sy het gesê julle kan die perd bedags in hierdie kamp laat loop en hom snags daar in die stalle laat slaap,” sê Val. Sy wys na die oefenkamp langs die voertuig en die stalle langs die oefenkamp.“Julle kan maar enige oop stal kies.”

Sy trek weer huppelend en hangend aan Ben se arm. “Laat ek net gou vir jou ons vakansiehuis gaan wys terwyl hulle die perd versorg. Dit is nog mooier as op die webwerf. Bring sommer al julle goedjies in as julle klaar is met die perd,” roep sy oor haar skouer.

“Dit is háár perd. Ek het lankal my perdrystewels opgehang,” sêAlexandra agter Val aan, maar sy en Ben stap aan huis toe sonder om te antwoord. Ben lê teen Val se skouer en haar arm is om hom sodat dit amper lyk of sy hom wegdra van hulle af. Sy is sonbruin en baie meer atleties gebou as wat die rooi vlerkende jas met die eerste oogopslag laat blyk het. Haar beenspiere is gedefinieerd en ’n mens kan sien sy oefen gereeld. Onder haar krullerige hare swaai fantastiese oorbelle in haar nek af.

“Kom, Puffy. Ek dink ons moet die Land Rover afpak,” sê Jinx.

“Val is vinnig besig om my favourite vir die rol van die nare stiefmammie in my nuutste play te raak,” sê Alexandra terwyl sy haar tas agter uit die Land Rover laai.

“Wel, skryf sommer daar ’n rol in vir die afwesige bio-pappie ook,” sê Zahn oor haar skouer terwyl sy Briggs die omheinde perdekamp binnelei. “Die rol van die anti-held sal hom dalk baie goed pas. Waar is die held nou wat sy meisies so graag wou leer ken het? Was die realiteit van pa-wees vir hom te groot?” Zahn gespe Briggs se halter los. Die perd spring verlig weg en hardloop vinnig ’n paar keer in die rondte. “Noem sommer die stuk Die een-dag-pa.” Haar wange is twee woedende rooi kolle, haar oë op skrefies getrek.

Haar ma en oom Marius sal haar nooit ná ’n lang dag op pad alleen los met Briggs se versorging nie. Oom Marius help haar altyd by die stalle, al is perde vir hom vreemd. En hulle kom altyd kyk wanneer sy aan skou­springkompetisies deelneem. Sy voel skielik tranerig.

“Sorg jy vir jou pony, dan sal ons die goed afdra. As jý eers begin katterig raak, raak ek bang,” sê Alexandra.

“Heng, Puffy, jy is reg. Sy klink nogal katterig. They grow up so quickly. Een oomblik nog pure graad-aggie, die volgende oomblik ’n katterige tiener,” spot Jinx terwyl hy sy kitaar versigtig uit die Land Rover haal.

Brigadier en die raaiselponie

Подняться наверх