Читать книгу Emma en die Creepy Komplot - Marianna Brandt - Страница 4

Оглавление

Vandat meneer Gyt Plottenboer en sy vrou, Mouna, Kosterkloof se hoërskool en koshuis bestuur, het die lewens van die inwoners soos handomkeer verander.

In die plek van ‘hotelkos’ kry hulle nou gesonde boerekos uit mevrou Plottenboer se resepteboek, en meneer Plottenboer maak seker dat elke leerder deelneem aan ’n sportsoort op die sportvelde en bane wat hy ontwikkel het. En soos daar vertel word in Kosterkloof se strate, word die ouetehuis en kinderhuis op die dorp nog steeds van die beste voorsien deur die Snopkes, wat op die oomblik tronkstraf uitdien.

En almal wonder …

Emma en die Creepy Komplot

Подняться наверх