Читать книгу Pastoor - Pat Stamatélos - Страница 5

Notas

Оглавление

F.J. (Fred) Ziman

Daar is ook ’n ander kant van die storie.

1 Toe ek dié klomp papiere sien, het ek dadelik geweet wat dit is, dat Kleintjie probeer om ’n boek te skryf. Sy het nog altyd verlangs van “ek gaan my storie skryf” gepraat, maar ek het nie veel notisie geneem nie, gedink dis net praatjies. Ek het die eerste hoofstuk of so gelees. Nou reken ek as my ma, ons meisiekinders en vriende die boek eendag gaan lees, wil ek ook kommentaar lewer, ek is mos ook betrokke. Ek wil die kans hê om my kant ook te stel, indien nodig.

2 Ek het per ongeluk op die getikte papiere afgekom. So het dit gebeur: Ek het ons studeerkamer binnegeloop en ’n laai oopgetrek op soek na ’n stapler. Ek skryf dit maar alles ter verduideliking. Onder in die laai was ’n blou lêer en ek het dit opgetel om te sien of die stapler onder lê. Op die lêer staan geskrywe Graad Een Punte en in die middel is ’n feetjie geplak. Dit was tipies van Kleintjie. Almal weet sy is feetjie-mal. Feetjies in die tuin, in die huis, op die kar se ruite, op al haar boeke geplak. Ek het die lêer oopgemaak, want dit was dik vir ’n paar punte. Toe kry ek die verrassing. Binne lê ’n pak papiere.

3 Die lêer met die getikte bladsye. Op die eerste bladsy staan haar naam, in hoofletters. In die boonste hoekie het sy ’n feetjie geteken en met koki’s ingekleur. Onderaan die bladsy staan die naam van die een of ander uitgewer en ’n adres. Dit is toe dat dit my getref het. Ek het besef dat sy moontlik alles uitblaker. Ek het die risiko besef.

4 Daar is dinge wat toe vir my begin sin maak het. Dit is wat haar snags tot wie weet watter tyd in die nag laat sit het. Ek onthou die nagte dat sy te besig was vir haar huismense, te besig om TV saam met ons te kyk en hoe sy vinnig die computer afskakel as ek onverwags die studeerkamer ingekom het. Sy het altyd gesê sy het werk gehad wat sy moes klaarmaak.

5 Ek skryf al die goed sodat die leser die volle prentjie kan snap. Maar ek wou ook weet wat in die storie staan. Dit moet ek toegee. Ek het dus die papiere onder my trui ingedruk en saggies daarmee in die gang af geloop. Agter die toe slaapkamerdeur het ek begin lees, som­mer ’n sin hier en ’n woord daar. Ek was op my senuwees dat Kleintjie my met die goed gaan vang en toe het ek seker gemaak en haar met my sel­foon gebel. Sy het gesê sy is op pad huis toe, maar wil net by die apteek aangaan vir pynpille.

6 Daar was dus nie tyd vir rustig sit en lees nie. Ek is terug studeerkamer toe en het begin om die bladsye te fotostateer. Dis ’n ou masjien, hy’s stadig, en ek het begin lees soos hy die bladsye uit­spoeg. Daar by die studeerkamer se venster het ek gestaan en lees, daar waar ek die hele oprit, van die hek na die garage toe, kan sien. Ek sou haar sien inkom.

7 Ek het net ’n paar bladsye gelees toe gaan die voorhek oop en haar kar kom in. Maar gelukkig het die fotostaatmasjien toe net die laaste paar bladsye gedoen en ek kon dit afskakel. Die hoop fotostate het ek in ’n stuk koerant toegevou en die oorspronklikes in die blou lêer teruggesit, die lêer terug in die laai.

8 In daardie stadium was ek reeds ontsteld oor van die goed wat ek gelees het. Ek wil dit weer net baie duidelik maak dat daar Klein­tjie se kant van die storie is, maar ook die sielkundige s’n, en myne.

Pastoor

Подняться наверх