Читать книгу Pastoor - Pat Stamatélos - Страница 8

Notas

Оглавление

F.J. (Fred) Ziman

Net gou dit ter verduideliking byvoeg: Kleintjie het sulke los velle papier aan party bladsye van haar storie vasgestaple. Lyk soos bladsye wat sy uit haar dagboek geskeur het. Hier is my kommentaar:

1 Kom ek begin by die ou man. Dis die eerste keer dat ek hoor dat die ou man haar geleer klavier speel het. Ek het gedog sy het haarself ge­leer. Ek het nie eens geweet hy kon klavier speel nie. Ja, ek besef nou sy het my nie álles vertel nie.

2 Die Wanda-vrou en haar feetjies. Ek kan nie glo Kleintjie het Wanda se feetjies so vreemd gevind nie. Syself het ’n obsessie oor die goed, nog altyd. Dis dié dat sy van hierdie sielkundige gehou het. Dit was oor al die kammaland-goed in haar kamers. My meisiekinders het des­tyds gepraat daaroor.

3 Ek weet vir ’n feit Wanda van Vollenhoven was ’n kindersielkundige, ek het dit op ’n faktuur gesien, nog vir Kleintjie gevra daaroor. Sy het dit probeer doodpraat, en ek kan onthou dat ek vir Kleintjie gesê het die vrou stook haar in haar kwaad.

Tot hier.

Pastoor

Подняться наверх