Читать книгу grond/Santekraam - Ronelda S Kamfer - Страница 14

Sara Slimmeisie

Оглавление

vandag is my huildag

ek gaan my witrok

aantrek en kaalvoet voor

die see staan met

my ouma se pêrels

om my nek gaan

ek ’n gat in

die grond grawe voor

dit sit en huil

my trane gaan opraak

en ek gaan

die gat toegooi die gety

gaan kom en die

gety gan gan

hulle kan my santekraam vat

maar my trane gaan

hulle nie kry nie

grond/Santekraam

Подняться наверх