Читать книгу grond/Santekraam - Ronelda S Kamfer - Страница 15

oom Vis Visser met sy onthou en vashou

Оглавление

ek kan onthou van vashou

vashou aan die dag die lig

die mooi ek kan onthou hoe

my ma haar breekgoed moes

breek omdat daar net nie plek

was daarvoor nie ek onthou

hoe Oupa in die agterjaart

inmekaargesak en gesnik

het soos ’n kind

ek onthou my hond ek onthou

die oggend die wit-en-blou bakkie

die pers geel en rooi skynsels

op die seepborrels

toe ek die waskom uitgooi

al wat ek nie onthou

nie is of enigiemand tot siens gesê

het nie nee niemand het ge-so long nie

grond/Santekraam

Подняться наверх