Читать книгу grond/Santekraam - Ronelda S Kamfer - Страница 5
grond
Оглавлениеdie klippe hou grond aan die aarde vas soos ’n mat
eendag lank gelede was daar
’n berg
die berg het die grond aan
die aarde
vasgehou soos ’n mat met klippe
aan
sy hoeke eendag toe gebeur daar
iets
hy wat die berg is
verloor sy konsentrasie
met dié word ’n stukkie van sy
grond
deur die wind opgetel en weggewaai
dis
toe so dat dié spesifieke
stuk
grond nie sy bewoners
kon behou nie
hy het nie daai ding wat
grond moet hê vir mense nie