Читать книгу Wanpraktyk - Andries Samuel - Страница 10
nieu-bethesda
Оглавлениеtree langsaam oor die veld –
die donker uile van verdriet
oge stom bottelglase
koppe stram sement gegiet
geen hemel hier
maar grys verwante
breek blitse kil
en woedend teen die rante
hoe los ons mekaar hier
so ver van orals
so naby nêrens
net ons en die uile en die sadness
stoksielalleen in lang wit gras
’n leeftyd wat versit
bars ’n kind die lewe in
gehael, geryp, skerfwit