Читать книгу Wanpraktyk - Andries Samuel - Страница 9

visitation rights

Оглавление

salig steier ons

ek en pa se kind

tussen die branders

en boulders se pikkewyne

aandagtig

dan en wan

hand aan hand

kantel ons familiewenkbroue

teen die son –

dáár klein vissies

dáár waterpyl ’n pikkewyn

kyk ’n see-anemoon

’n glibberige glabberige waterblom

kom voel haar fraiings

kyk sy het ’n mond binne

kyk sy het iets binne …

en wankel skielik

probeer vergeefs my kind wegskerm

terwyl ek die onmoontlike hoenderbeen

uit die dieptes

van die anemoon uitsloep

Wanpraktyk

Подняться наверх