Читать книгу Wanpraktyk - Andries Samuel - Страница 11

berigte van herkoms / psalms vir die verste kind

Оглавление

… a bold daylight assault across the border on Wednesday,

leading to fighting in which two soldiers were captured …

07/12

soos altyd (of meeste kere)

begin ek dit weer

’n declaration – ’n vliegtuig wat kom

en jy moet opgee aan jou aparte lewe,

bymekaarskraap aan jou bietjies moed

… warplanes stepped up the pressure early Friday,

striking targets in the southern suburbs of Beirut …

07/14

om die uur oorlog dit

ek wil nader aan jou wees

maar ons praat omtrent nie meer nie

die bekaa-vallei blom in suile

van onbeloonde liefde

… hits on five tanks on the road to Bint Jbail and around Maroun

al-Ras, a hilltop village closer to the border that ground forces

seized in heavy weekend fighting …

07/23

ek onthou die letsel onder jou voet

ek onthou jou poppe giftig

jou hael in tantrums

jou afrikaans en my hebreeus

wat karig begrippe uitmeet

ek weet nie hoe om dit te sê nie

’n rocket val enige plek my verre-verste kind

die here weet

… one rocket collapsed a residential building and set it ablaze,

as rescue workers and civilians scrambled to help those trapped inside …

08/03

my dogter ek is ook op pad na jou

ek sal ’n manier deurkry

ek sal deurglip

ja, nie eers paspoortbeheer

of ’n x-straalmasjien

sal my keer nie

ek arriveer in tel aviv

en tref aan die vreemdeling

wat ek bevrees was jy sou word

wat sou hulle jou hier leer?

alles van buite het tot vyand ballisteer

… has previously warned that it would continue to fly over

Lebanon to prevent rearming with weapons smuggled …

10/31


Wanpraktyk

Подняться наверх