Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 88

Donderdag 20 Maart 2014 Lees eers Markus 7:1-13

Оглавление

Tradisie

So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het […] – Mark 7:13

GESELSVRAAG:

Aan watter vreemde tradisies kan ons dink?

“Jy weet, ek kan dit nie vat as ’n man bly sit wanneer ’n dame die kamer binnekom nie. Hoe is hulle dan geleer?” vra oom Willie. Dit lyk nie asof almal dieselfde tradisie het nie. “Julle kan ons enigiets leer, wys ons net waar staan dit in die Bybel,” sê kerkleiers van die Afrika Onafhanklike Kerke. Toe hulle dus vra om hulle te help om ’n kerkorde saam te stel, het ek gou my Kerkorde van die rak af gehaal. Maar o wee, baie min van wat daarin staan kom uit die Bybel. Is ons tradisies vir ons belangriker?

Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het van kleins af geleer hoe ’n mens dinge doen. Maar daardeur het hulle juis nie meer die Bybel gehoorsaam nie, soos ons vandag gelees het. Uiterlike dinge was vir hulle so belangrik dat hulle nie meer gevra het wat vir God belangrik is nie.

In die verlede het die Kerkorde selfs bepaal dat die drag tydens vergaderings swart pakke en wit dasse moes wees. Dit het meegebring dat sinodale besluite nie wettig was indien almal nie só geklee was nie! Dit is mos belaglik. Deesdae is die kleredrag in die meeste gemeentes baie meer informeel. Jesus en sy dissipels het doodgewone drag gedra. Ons kan ook.

GEBED:

Here, help my om aan die gesag van u Woord vas te hou.

Lees vanaand in Markus 7:14-23 die belangrike les dat wat vanuit ons harte kom dikwels meer skade doen as wat ons in ons lywe sit.

Uit die beek 2014

Подняться наверх