Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 89

Vrydag 21 Maart 2014 Lees eers Markus 7:24-30

Оглавление

Menseregtedag

Regte behandeling

[…] Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet. – Mark 7:28

GESELSVRAAG:

Hoe weet ons wat die regte ding is om te doen?

“Ons eis ’n 12%-verhoging, al is die inflasiekoers net 4%,” sê die vakbond. Maar daardie geld moet iewers vandaan kom. Indien die inkomste nie met 12% groei nie, moet 12% van die werkers dan afgedank word, of die maatskappy moet sluit en dan is almal werkloos. Dit is deesdae nie so maklik om ’n sakeleier – of vakbondleier – te wees nie.

Jesus was besig om buite Israel se grense te beweeg. Tog selfs daar het die mense van Hom gehoor. En ’n vrou was dringend op soek na hulp. Jesus wou haar eers vertel sy het geen reg op sy hulp nie, maar sy het Hom gou terug geantwoord dat sy met die krummels tevrede sal wees. Ons kan ons indink hoe breed Hy geglimlag het toe sy nie op haar regte aandring nie, maar gewillig was om ’n hond genoem te word. Met haar sin vir humor het sy by sy woorde aangehaak. Haar gebed is verhoor.

Vandag word baie vergaderings oor menseregte gehou. Ongelukkig bly dit dikwels maar by woorde, en nie dade nie. Tog moet ons ons afvra: Is dit reg hoe mense behandel word? Daar is goeie rede vir baie van die ongelukkigheid. Hoe kan ons mekaar werklik help sodat dit ’n wen-wen-situasie is? Ons optrede teenoor ander beïnvloed hul verstaan van die evangelie.

GEBED:

Here, help ons om mekaar reg te behandel.

Lees vanaand in Markus 7:31-37 hoe Jesus aan ’n dowe verduidelik wat Hy vir hom wil doen. Vir Jesus is alles moontlik.

Uit die beek 2014

Подняться наверх