Читать книгу Boos en Bisar - Chris Karsten - Страница 3
Vrou van wonderwerke
ОглавлениеIn Suid-Afrika word die jaar 1994 met groot verwagtinge, dog ook huiwering begroet. Dit is ’n gewigtige jaar waarin die land ’n nuwe staatsbestel kry, ’n volwaardige demokrasie word.
Maar in Port Elizabeth is die 26-jarige Frans du Toit, pa van twee klein kindertjies, min gepla met politieke magskuiwe. Hy is gepla met ’n inkubus. Dié demoon dwing hom om meer inkubusse by vroue te verwek, selfs by onwillige vroue.
Dié demoon dwing hom om meer inkubusse by vroue te verwek, selfs by onwillige vroue.
Volgens Middeleeuse legendes oor heksery is dit nie ongewoon dat hierdie geslagsverkeer deur ’n man wat met ’n inkubus besete is, tot die dood van die vrou lei nie.
Frans kom uit ’n Christelike huis, sy pa ’n hardwerkende polisieman, maar hy ken hierdie legendes.
Hy het alreeds as skoolseun op Adelaide, diep in die Oos-Kaap, met seksdemone in aanraking gekom. Dit was toe ’n sukkubus, die vroulike vorm van ’n inkubus, hom ingeneem het. Hierdie soort hekse verlei mans en dreineer hulle van hul lewensenergie deur seksuele omgang.
Al die heksemites pas Frans. Dit is ’n goeie verskoning vir sy onstuitbare seksuele drifte. Hy was twintig toe hy die eerste keer getroud is, as mynwerker op Virginia in die Vrystaat. Maar hy het sy vrou kort ná die geboorte van hul dogtertjie gelos omdat sy hom nie seksueel kon bevredig nie.
Nou is hy in Port Elizabeth en bedryf ’n sjebien in Sidwell nadat sy werk hom in die pad gesteek het omdat hy geld gesteel het. Hy is ook die vorige jaar weer getroud, met die 24-jarige Natalie. Hulle het ’n babaseuntjie.