Читать книгу Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade - Chris Karsten - Страница 12
Nuwe verhoor
ОглавлениеIn September 2005 begin Pieter se nuwe verhoor voor regter Mahomed Ismail op dieselfde aanklag waarop hy drie jaar tevore onskuldig bevind en ontslaan is. Weer ontken hy skuld op die moordklag.
Koos Brits getuig oor hoe hy sy dogter langs die toilet gekry het. “Haar ogies was nog oop. Ek het gevoel of sy nog leef en toe haar ogies toegemaak.”
Hy sê hy het Pieter jammer gekry toe dié die oggend ná die moord by die woonstel aankom. “Ek het saam met hom ingeloop en in die badkamerdeur gesê: ‘Daar lê jou vrou.’ ”
Die tuinier, Brian Moyo, en huiswerker, Onica Makola, moet weer getuig, en Onica raak flou toe foto’s van die moordtoneel aan haar gewys word.
Sy getuig oor die laken wat sy onder Amelia se kop ingedruk het. “Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek weet nie hoe lyk ’n dooie mens nie. Ek het nie geweet hoe om haar te help nie.”
Ook sexy Alexa getuig opnuut oor haar en Pieter se seks, en sê Pieter het nooit met haar oor die moord gepraat nie.
Amelia se suster, Raatjie Steyn, getuig Pieter het haar die oggend van die moord vroeg gebel om te hoor of Amelia by die werk aangekom het omdat haar motor glo min brandstof ingehad het. (Die regter wonder hoekom Pieter vir Raatjie gebel het, en nie vir Amelia self op haar selfoon nie.)
Ook sexy Alexa getuig opnuut oor haar en Pieter se seks, en sê Pieter het nooit met haar oor die moord gepraat nie.
En prof. Hendrik Scholtz getuig op-nuut oor die meswonde aan Amelia. Hy sê sy het baie bloed verloor en ook lug in haar hartkamers gekry.
Aangesien die nekare nie baie groot is nie, kon dit van tien minute tot ’n paar uur geduur het voor sy sterf. Maar dié tydsverloop kon bespoedig geword het deur haar swangerskap, verhoogde bloeddruk en ook deur ’n worsteling.
Sy kon ook ’n paar uur langer geleef het as iemand drukking op die wond geplaas het.
In ’n binneverhoor oor die toelaatbaarheid van die gewraakte beken-tenis, verklarings en uitwysing getuig kapt. André Fabricius Pieter was bewus van sy swygreg toe hy in die teenwoordigheid van polisiemanne aan sy pa beken het dat hy Amelia vermoor het.
Kapt. Fabricius erken dat hy Pieter eers oor sy regte ingelig het nadat hy sekere erkennings gemaak het.
Pieter verweer by monde van sy regsverteenwoordiger, nou adv. Johan Engelbrecht SC, weer dat die polisie hom gemartel het. Hy sê hy is geklap en ’n blou rubberhandskoen is drie keer oor sy kop getrek.
Kapt. Fabricius ontken dat Pieter geslaan, geboei of gemartel is tydens die ondervragings. Nog twee polisiemanne getuig dat Pieter nie gemartel is nie en gewaarsku en ingelig is oor sy regte.
Landdros Nico Noeth getuig oor Pieter se bekentenis waarin hy onder meer gesê het (volgens ’n transkripsie): “Terwyl die oorledene [mev. Viljoen] slaap, het ek haar wakker gemaak en vir haar gesê staan op. Ek het haar mond toegedruk, tot by die kamerdeur geloop met ’n mes in my hand, dit was ’n nutmes [sic] gewees en ek het toe haar keel afgesny.
“Ek het toe weer deur die venster geklim en toe werk toe gery. Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie.”
Landdros Noeth sê hy het Pieter ingelig dat hy van regsverteenwoor-diging gebruik kan maak. Pieter wou homself verdedig.
Hy getuig ook Pieter het kop onderstebo in die beskuldigdebank ge-staan en soos ’n skuldige klein seuntjie gelyk.
Adv. Engelbrecht vra hoe hy geweet het dat Pieter skuldig gevoel het, en of hy nie dalk net bang was nie.
Landdros Noeth sê: “As Liewe Heksie beskuldig word van iets, sit sy haar vinger in haar mond en kyk af. Dít is hoe die beskuldigde gelyk het.”
Hy sê ook dit is die algemene gebruik by die landdroshof in Pretoria-Noord dat swygreg nie verduidelik word as ’n beskuldigde skuld beken nie.
Op 28 April vra Pieter se advokaat weer dat hy ontslaan word, maar die regter wys dit dié keer van die hand.
Pieter getuig in die binneverhoor dat hy nooit oor sy grondwetlike regte en sy reg tot stilswye ingelig is nie, en demonstreer ook hoe die rubberhandskoen oor sy kop getrek is om hom te dwing om erkennings en uitwysings te doen. Hy sê in kruisondervraging hy het self sekere besonderhede bygevoeg tot die skulderkenning wat die polisie aan hom voorgesê het, soos dat hy die mes uit sy gereedskapskas gehaal het.
Pieter Viljoen is intussen getroud en hy en Angelique het twee kindertjies.
Op 23 Januarie 2008 bevind regter Ismail dat Pieter op drie geleent-hede erken het dat hy Amelia vermoor het: teenoor sy pa in die teen-woordigheid van die polisie, tydens uitwysings aan die polisie, en in 2001 in die landdroshof in Pretoria-Noord toe hy skuld beken het.
Die regter verwerp Pieter se verweer dat sy regte nooit aan hom verduidelik is nie, en bevind hom skuldig aan moord. Hy staan borgtog van R35 000 aan Pieter toe totdat hy in April gevonnis word.
“Hoekom hy dit gedoen het, sal ons seker nooit weet nie.”
Pieter en sy vrou sit op ’n bankie in die hof en huil ná die skuldigbevinding. “Dis nie lekker nie, ek het dit nie verwag nie,” sê hy aan joernaliste.
Amelia se pa, Koos Brits, sê: “Dis vir ons ook hartseer. Ons haat hom nie, hy was soos ons eie seun. Dis nie vir ons om te oordeel nie.”
Annatjie Brits sê: “Hoekom hy dit gedoen het, sal ons seker nooit weet nie.”