Читать книгу Kringe in 'n bos: Skooluitgawe - Dalene Matthee - Страница 4

Wenke by die gebruik van die Leesgids

Оглавление

•Die inleiding plaas die teks binne sy literêre konteks. Dit verskaf inligting oor die aard en kenmerke van die spesifieke genre.

•Meer oor die skrywer stel die outeur bekend en verskaf ook gegewens wat op die teks betrekking het.

•Die bladwyser en/of opsomming van die verhaalgebeure is ’n nuttige en bondige oorsig van die teks se hoofmomente.

•In die glossarium van vreemde woorde word kort verklarings verskaf vir woorde om leesbaarheid te vergemaklik.

•In die afdeling belangrike verwysings in die teks word bykomende inligting oor belangrike sake in die teks verskaf.

•In die glossarium van literêre begrippe word literêre terme en begrippe kortliks toegelig.

•Die afdeling met vrae en antwoorde bevat kort-, kontekstuele en opsteltipe vrae met modelantwoorde vir selfstudie en eksamenvoorbereiding.

•Die assessering-bylaag bevat ’n kontrolelys van kernbegrippe, riglyne vir die beantwoording van vrae en ’n rubriek vir die assessering van letterkunde-opstelle.

Alle bladsyverwysings in hierdie epub verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

Kringe in 'n bos: Skooluitgawe

Подняться наверх