Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 46

Оглавление

Hetta

Outyds en elegant. Dis waarskynlik ’n soortgelyke lamspastei wat lady Anne Barnard in 1789 tydens haar binnelandse reis op Jacob Joubert se plaas geëet het. “Geskik vir ’n koning en die lekkerste wat sy nog ooit geproe het”, skryf sy. Die suurroompasteideeg is maklik genoeg vir beginnerkokke.

Benepastei

met suurroomdeeg

Lewer 6 porsies

SUURROOMKORS

100 g botter

310 ml (11/4 k) koekmeel (150 g)

125 ml (1/2 k) suurroom

 Sny die botter in dobbelsteentjies en pols saam met die meel in ’n voedselverwerker tot dit die tekstuur van fyn broodkrummels het.

 Voeg die suurroom by, druk die deeg liggies bymekaar tot dit ’n deegbal vorm. Draai in kleefplastiek toe en laat 20 minute lank rus.

 Voorverhit die oond tot 200 °C.

Vulsel

45 ml (3 e) botter

1 ui, grofgekap

4 wortels, geskil en grofgekap

4 rape, geskil en grofgekap (opsioneel)

2 lamsrakke van 6 bene elk, bene netjies skoongemaak (Franse manier)

3 ml gekapte vars roosmaryn

30 ml (2 e) fyn koljander

1 ml (1/4 t) fyn kruienaeltjies

5 ml (1 t) fyn neutmuskaat

5 ml (1 t) fyn kaneel

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) lamsvleis-, bees- of groente-aftreksel

1 eiergeel, geklits

 Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte. Soteer die ui, wortels en rape in die botter tot verbruin en net effens gaar. (Dit moet nog kraak as jy dit byt.) Skep die groente in ’n vierkantige pasteiskottel van 24 cm.

 Vryf nou die 2 lamsrakke in met die roosmaryn, speserye en sout en peper. Braai, vetkante na onder, in die pan tot bruin. Plaas die lamsrakke in die middel van die pasteiskottel tussen die groente. Rangskik dit sodat die bene bo tussen mekaar deursteek. Voeg die aftreksel by. (Die aftreksel moet nie te veel wees nie – net genoeg vir die groente en vleis om te stoom en nie so baie dat die pasteikors nat word nie.)

 Rol die suurroomdeeg tot ’n dikte van 5 mm, of effens dikker, op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Bedek die vleis en groente met die deeg, vou die deeg netjies om die bene. (Maak seker die deeg vou tot om die rand van die pasteibak.) Verf deeg met die geklitste eiergeel.

 Bak 25–30 minute lank in die oond of tot die kors gaar en goudbruin is.

 Sny 2 bene vir elke porsie en sit voor met van die deeg en groente.

Kokkedoor

Подняться наверх