Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 45

Wat moet ek weet omtrent stimulantmedikasie?

Оглавление

ADHD het al byna sinoniem geword met die gebruik van stimulantmedikasie soos Ritalin of Concerta as behandeling. Daar is deesdae egter ook ander vorms van medikasie beskikbaar, en weens toenemende vrese oor die newe-effekte van stimulantmedikasie het baie ouers begin kyk na natuurlike behandelings soos dieetaanvullings. Om jou te help om ’n keuse te maak waarby jy die beste aansluiting vind in terme van jou oortuigings en behoeftes word die verskillende vorms van behandeling in hoofstuk 8 bespreek.

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Подняться наверх