Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 43
Blamerende gedrag
ОглавлениеSoos in die voorbeeld hierbo blameer mense met ADHD dikwels ander vir die ongemak wat hulle beleef. Die persoon het dalk nie die insig om te besef dat sy eie gedrag ander mense tot heftige optrede dwing nie. ’n Ma sal byvoorbeeld haar man berispe omdat die kind al in trane is oor sy geterg. Die man sal dan hoogs ontstoke antwoord dat hy altyd gekritiseer word en dat niks wat hy doen ooit reg of goed genoeg is nie. ’n Hele nuwe drama ontstaan dan waarin die oortreder die slagoffer word.