Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 40
Selfgesentreerdheid
ОглавлениеADHD-lyers kom meestal selfgesentreerd of selfsugtig voor. Ek sê doelbewus “kom voor” omdat ek dikwels ook die teenoorgestelde by hulle sien. Hulle is dalk nie ingestel op ’n ander persoon se behoeftes nie – en is trouens nie eens bewus daarvan nie – maar hulle gee graag en maklik. Hoe kan ’n vrygewige mens terselfdertyd selfsugtig wees? In my ervaring het elke negatiewe eienskap van mense met ADHD ’n positiewe kant.