Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 42
Praterigheid
ОглавлениеHierdie eienskap hou verband met die onvermoë om grense te respekteer, impulsiwiteit asook hoë energievlakke. Mense met ADHD sal aanhou praat selfs nadat almal al geskimp het dat hulle nie die fliek kan volg nie. Om prontuit te sê: “Jy praat ons ore van ons kop af” help ook nie noodwendig nie, of kan die persoon baie verontwaardig en seergemaak laat voel. Die fokus verskuif dan na die onsensitiewe aanmerking, en die persoon wat dit gemaak het, kry die skuld vir die onaangenaamheid.