Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 23
Op watter ouderdom word ADHD gediagnoseer?
ОглавлениеDie simptome begin gewoonlik teen drie- of vierjarige ouderdom hulle verskyning maak, alhoewel die diagnose meestal eers heelwat later plaasvind. In my ervaring was daar die afgelope sowat tien jaar ’n drastiese toename in diagnoses onder kinders in graad R. Dit gebeur egter dikwels dat die diagnose eers teen graad 3 plaasvind. Ek kom ook steeds talle hoërskoolleerders asook volwassenes met ADHD teë wat nooit gediagnoseer is nie. My gevoel is dat ’n diagnose voor sesjarige ouderdom onbetroubaar is, aangesien ADHD-simptome dan nog moeilik onderskeibaar van doodgewone ouderdomstoepaslike gedrag is. In ekstreme gevalle is ’n vroeër diagnose wel moontlik.