Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 31
Oorhaastigheid
ОглавлениеADHD-lyers is geneig om opdragte en ander inligting verkeerd te interpreteer omdat hulle oorhaastig daarop reageer. Dit geld kinders sowel as volwassenes. Hulle het ook dikwels swak ouditiewe prosesseringsvaardighede en verstaan dus nie altyd wat hulle hoor nie (die kere dat hulle wel luister!). Tog kan dit ook voorkom asof hulle niks gehoor of verstaan het van wat gesê is nie, en dan is ’n mens verbaas oor wat hulle wel ingeneem het. Job se geduld is soms nodig om ’n kind te help voorberei vir ’n toets. Nadat die ma elke punt in die boek opgesom het en drie keer saam met die kind deur al die werk is, is sy dikwels oortuig daarvan dat hy nie die vaagste benul het van die feite waaroor sy nou self toets kan skryf nie. En dan, net voordat sy gereed is om die hare uit die kop te trek, rammel Gert die feite doodluiters volledig en akkuraat af.
Soms internaliseer die kinders baie meer van wat hulle hoor as wat ons dink. Ander kere kan hulle weer die eenvoudigste opdrag heeltemal verkeerd interpreteer.