Читать книгу Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes - Helena Bester - Страница 30

Swak taalvaardighede

Оглавление

Kinders sowel as volwassenes met ADHD sukkel dikwels om hulleself behoorlik uit te druk. Dit kan enersyds moeilik wees om te hóór wat hulle sê, en andersyds om te verstáán. Hulle mompel dikwels, en praat vinnig of deurmekaar. Hulle vleg ook graag verskillende stories ineen. Dit kan ’n kuns wees om kop of stert uit te maak van ’n storie wat hulle vertel.

Ek let egter dikwels op dat die kinders baie doeltreffend onder mekaar kommunikeer. By my werkskole en speletjies- of swemdae by my praktyk aan die einde van skoolkwartale het ek dikwels groepe van twintig of meer kinders met ADHD bymekaar. Dit lyk na ’n chaos, maar die kinders werk en speel te heerlik saam en verstaan mekaar baie goed. Vroeër jare wou ek gereeld ingryp om die reëls te verduidelik. Hulle is egter heeltemal in staat om dit self te doen, al is dit in ’n taal wat bitter moeilik is om te volg. Almal word betrek en niemand word uitgestoot of verwerp nie.

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Подняться наверх