Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 88

21 Maart

Оглавление

Word stil met God

Job 33:26 – As hy bid tot God, sal Hy hom aanvaar. God sal hom met vreugde ontvang, en hom ’n mens maak wat reg lewe. (NLV)

Job worstel met God oor die inhoud van sy lewe. Hy verstaan nie hoekom sy lewenspad sulke afdraaie vat nie. Hy sukkel om sin te maak van die gevolge van sy keuses. Wat moet hy tog doen? Wat is God se oplossing?

In sy storie is ’n belofte opgesluit vir ons almal. In en deur ons gebedslewe word ons uitgedaag om beter weergawes van onsself te word. As jy sou kies om voortdurend in kontak met God te wees deur jou gebedslewe kan jy nie aanhou om die mens te wees wat jy nog altyd was nie. Juis deur kontak met God, kan Hy my lewe en identiteit transformeer, en my in staat stel om reg te kies oor my lewe.

Gebed neem natuurlik baie vorme aan. In stilte met God ontvang ons wysheid van Hom af. As ’n huwelikspaar kies om saam stil te word voor God, kan Hy natuurlik ook die huwelik verander. Groei van die individue en die verhouding kan plaasvind.

Skep ’n ritueel waarin jy en jou maat stil word saam met God. Dit word dan ’n prioriteitsafspraak in jul lewe saam. Dit hoef nie lang tye elke dag te wees nie, maar probeer die frekwensie daarvan gereeld hou. Julle sal gou agterkom hoe afhanklik julle van hierdie tye saam met God raak. Nou kan die verhouding ontwikkel tot een wat deur die Gees van God geïnspireer word.

Maak ek en my maat tyd om saam te bid en stil te raak?

Liefdevolle Vader, hou ons in die liefde van ’n verhouding met U vas, sodat ons afhanklik van U bly. Amen

Duet

Подняться наверх