Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 87

20 Maart

Оглавление

Vat God saam wanneer jy verhuis

Rut 1:1 – In die tyd toe die rigters in Israel opgetree het, het ’n man uit Betlehem in Juda uit die land weggetrek omdat daar ’n swaar hongersnood in die land was. Hy en sy vrou en twee seuns het in die land Moab gaan woon. (NLV)

Mense gaan woon in ander stede of lande. Ons ken almal iemand wat na ’n ander land getrek het om na ’n beter toekoms te gaan soek. En natuurlik is daar gesinne wat oor die land heen verhuis vir verskillende redes.

Elimelek en Naomi neem hul twee seuns en gaan woon in Moab. Die seuns trou met vroue uit daardie land en Elimelek sterf ook daar. Dit klink soos die gang van tyd vir ’n gesin wat die toekoms elders gevind het. Die gesin het as eenheid gegaan en as eenheid ’n nuwe blyplek gevind.

God sien die huwelik as plek van eenheid en die gesin as die grondgebied waar kinders groei en leer. Gelukkige gesinne bou ’n gelukkige gemeenskap. Of jy nou Lydenburg of Londen toe trek, vat jou maat en jou kinders saam. Daar bestaan ’n baie groter kans op sukses as die gesin as eenheid die uitdaging aandurf.

Verandering is dikwels ’n negatiewe uitdaging. Die bekende hou ’n element van veiligheid en voorspelbaarheid in. As die uitdaging van verhuising oor die pad van die gesin kom, plaas dit die kollig op die gehalte van die verhoudings. Die druk van die verandering sal die moontlike krake daarin belig.

Hoe nader ons aan God leef, hoe meer weet ons Hy leef saam met ons in die nuwe stad. Hy leef ook in ander lande!

Leef ons waarlik as eenheid in ons gesin en verhouding?

Vader, wees U die element in ons verhoudings wat ons as eenheid laat leef. Amen

Duet

Подняться наверх