Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 80

13 Maart

Оглавление

Soek jou antwoorde by God

Jesaja 40:29-30 – Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. (NLV)

Een Vrydagoggend tydens ’n woeste week bekyk ek my in die spieël en sien my pa se gesig. Ek is te moeg om te lag, maar deel darem die belewenis met ’n ewe lammerige Christine. Ek verstaan toe meteens hoekom my pa soms net moeg was. Die lewe haal jou soms in en dan moet jy rus.

Hoe ouer ek word, hoe skamer kry ek vir my voortvarende alles-weet-jongman-houding. Ek hoor my eie stem in die praat van my seuns wanneer hulle raad gee aan ma oor kos maak en motor bestuur. Ek moes êrens krag vir lag vandaan kry toe die jongste meneer een oggend grimeringraad aan sy ma uitdeel! Die jeug se onverskrokke selfvertroue is hierdie keer mooi en snaaks.

In hierdie tye van lae energie en baie verpligtinge, kom God na ons met sy aanbod van hoop. Sy belofte hier is so mooi kalm en sag, geen verwyt of aanklag, bloot die eenvoudige uitnodiging tot verbintenis met God oor jou toekoms. Nou is daar nie plek vir angs en stres nie, want Hy weet mos waaroor ek droom en waarop ek hoop. Emosioneel kan ek nou die onsekerheid by Hom laat, en myself bevry van vrees oor mislukking en teleurstelling.

Met die moeg moet ons egter werk. Dit het skynbaar minder met ouderdom te doen as wat ons vermoed. Die antwoorde op ons knelvrae wat ons soek op ander plekke lê opgesluit in ons verhouding met Hom.

Waar soek ek die antwoorde vir die vraagstukke van my lewe?

Soewereine God, laat my u teenwoordigheid in my lewe wyd en diep soek, en U vind, elke dag. Amen

Duet

Подняться наверх