Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 71

4 Maart

Оглавление

Asem God heeltyd in

Psalm 25:5 – In U stel ek elke dag my verwagting.

Dis nog donker buite toe die voëltjies se uitbundige getjirp my wakker maak. Langs my lê Johan in ’n diep slaap. Dis Maandagoggend, die begin van ’n nuwe week.

Francois skryf vandag toets by die universiteit en is reeds op. Self sou ek graag eerder nog ’n rukkie wou slaap. Ek het nie lus om nou al op te staan nie en in ’n poging om weer te probeer insluimer, trek ek die lakens en duvet tot onder my ken.

Nog voordat ek behoorlik aan die slaap kon raak, lui Johan se wekker klokslag sesuur. Dié sit hy summier af, draai om en slaap verder. Maar vir my het die dag nou aangebreek. Ek lê ’n ruk lank en luister na die voëls, voor my gedagtes in die rigting van die dag se verpligtinge begin beweeg. Ek raak sommer benoud. Dis ’n besige week wat voorlê.

Joyce Meyer se woorde oor rus in God kom in my gedagtes op. Ek luister graag na haar CD-preke in die motor op pad werk toe. In dié spesifieke preek fokus sy daarop oor hoe ons slegs deur te rus in God die elkedagse uitdagings van ons lewe en oorvol skedule kan hanteer. Hy is ons bron van rus. Sy krag stel ons in staat om te doen waarvoor Hy ons geroep het. Hy nooi ons om in Hom te rus. Sy genade en liefde sorg vir rus vir ons siel, al is ons ook hoe besig.

Bekyk jul skedule – is alles noodsaaklik? Het julle tyd ingeruim vir mekaar of het die eise van werk en skool jul lewe oorspoel?

Liefdevolle Vader, U ken elkeen se dagboek. Leer ons om in U te rus en u teenwoordigheid elke oomblik in te asem. Amen

Duet

Подняться наверх