Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 72

5 Maart

Оглавление

Vind jou balans in God

Maleagi 4:2 – Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.

Die lewe is ’n dolle gejaag: dis werk, huis, kinders en familie, en dan nog die voorreg van vriende ook. Êrens in die week moet jy by alles uitkom. Tyd is die groot vlieg in die salf, want jy kan gewoon nie meer tyd in die dag maak as wat daar is nie. Is daar werklik mense wat die uitdaging van volkome balans baasraak?

’n Paar jaar gelede woon ek ’n geestelike retreat by en word gekonfronteer met die gedagte dat die versorging van my liggaam ’n geestelike ritueel kan wees. Hoe ek kies om te leef, wat ek eet, waar en hoe ek oefen, hoe gereeld en goed ek slaap, en dan ook my emosionele belewenisse kan deel van my geestelike reis met God wees.

Ek worstel maande lank met die nuwe idees. Het die hele aard en wese van my bestaan nou eintlik tog wel alles met God te doen? Wel, die uiteinde van my soektog is: Sowaar, die begeleier van die retreat het toe waarlik iets beet! Dit is egter nie ’n plek van aankoms nie, maar ’n voortdurende proses van groei en bewuswording van God se teenwoordigheid op alle vlakke van my lewe. Ek word opnuut bewus van vreugde in my lewe sonder dat ek soek na die lekker.

Wat kan ek doen om alle vlakke van my lewe en menswees vas te maak aan my belewenis van God?

Hemelse Vader, ek smag na die strale van die son wat uit u hand kom. Help my om te sien waar ek u vreugde in my lewe kan beleef. Amen

Duet

Подняться наверх