Читать книгу Ek en jy verskil hemelsbreed - Louise van Coller - Страница 4
Wie moet hierdie boek lees?
Оглавление•As julle in ’n stadium wonderlik gelukkig getroud was en deesdae voel of julle mekaar nie meer verstaan nie, mekaar heeltyd irriteer en niemand die saamwees geniet of die ewige frustrasies kan hanteer nie.
•As jy dalk as kind uit ’n gesin kom waar daar ewige konflik tussen jou ma en pa was, of jou ouers moontlik geskei is en jy nie goeie rolmodelle gehad het nie.
•As jy self getroud is en nie “lewe in oorvloed” in jou huwelik ervaar nie, en al egskeiding of selfs moord oorweeg het.
•As jy weet julle verskil hemelsbreed en aan jul huwelik wil werk en nie altyd weet waar om te begin en waar om antwoorde te kry nie.
•As julle dalk klein kinders het en bang is dat jul huwelikslewe gaan nooit weer na sorgeloos en sexy terugkeer nie.
•As jy kinders het wat dalk reeds getroud is of op trou staan, en nou reeds sien dat hulle ’n goeie boek met die “waarheid” oor die huwelik nodig het.
•As jy dalk reeds geskei is en jouself op ’n volgende huwelik wil voorberei en dit hierdie keer verseker reg wil doen.
•As jy dalk vriende het wat op skei staan en ’n boek soek wat kan help.
•As jy beplan om eersdaags te trou en die realiteite van die huwelik wil leer ken om jul huwelik nou al teen egskeiding in die toekoms te beskerm.
•As jy onlangs getroud is en nooit saam voorhuwelikse berading gedoen het nie.
Dan is hierdie boek vir jou geskryf!