Читать книгу Die Poort 4: Krygers - Nelia Engelbrecht - Страница 13
10
Оглавление“Ek is nog te jonk om dood te gaan,” kerm Nomsa. “I haven’t even fulfilled my final destiny yet.”
“Maybe is dit nou ’n goeie tyd om te Reis,” stel ek voor.
“Ons sal,” sê Leonardo, “maar net as ons sien die pôpô gaan genuine die fan strike. As dinge uitwerk en die vliegtuig land sonder ons, gaan die hele wêreld wil weet hoekom ons in mid-air verdwyn het.”
Sherbet, aan die een kant is hy reg. Maar sê nou ons wag te lank? Ek is genuine nie lus om deel van die fruit salad te wees as hierdie vlieënde pôpô Franse grond strike voor ons Gereis het nie.
“We must do something!” roep Tara uit.
Sy sit nou op die sitplek langs die paadjie. Dit was seker nie moeilik om die tannie te oortuig dat die middelste sitplek veiliger is nadat die tas haar amper platgeval het nie.
“Draai terug en maak vas jou gordel,” raas Leonardo toe Tara heeltemal omdraai na ons.
Sy ignoreer hom en kyk na my. “Kali, perhaps we can use our Powers to stop the storm.”
My mond val oop. “Seriously? Met ons track record van brandstigting en modder-landscaping?”
“As ons dit saam doen, werk dit dalk,” sê Tara terwyl sy haar hande na ons uitsteek.
Ek leun vorentoe en vat haar hand. Leonardo vat my ander hand. Die oomblik toe Nomsa Leonardo en Tara se hande vat, verskyn ’n ligstrepie net bokant ons hande en arms en loop van daar tot bokant ons koppe. Die lig wat ons saambind.
Ouke-ei? Hoekom kyk al drie nou na my asof ek ’n resep het wat orkane stopsit?
Komaan, jy kan dit doen, Kali, sein Leonardo en druk my hand.
Right. Here goes. Ek trek my asem diep in en ruik die sweetreuk van baie lywe se vrees. Dan skuif ek my fokus weg van die lawaaierige chaos in die vliegtuig.
Die oomblik toe ek na buite fokus, slinger ’n stormwind my tussen die pers wolke in. Die wind ruk die asem uit my longe en vul dit met nat koue. Ek verander in ’n ysstandbeeld wat kop eerste soos ’n missiel vorentoe skiet. ’n Helder lig ontplof iewers links voor my en my gil val soos skerp skerwe klank uit my mond en raak weg in die groot lawaai van die storm.
Hel, hoe stop mens ’n orkaan? Ek het nie ’n clue wat om te doen nie. Dalk moet ek my gedagtes op wolklose blou lug fokus. Of beweginglose stilte. Fokus … fokus …
Dan is ek terug in die vliegtuig. Om my roep mense uit en klap hande. Is dit vir my wat hulle …?
Nee, dit is vir die loods, onderbreek Leonardo my gedagtes. Hulle dink hy het hulle veilig deur die storm gekry. Net jammer dis nie heeltemal waar nie.
Ek kyk om my. Die vliegtuig skud nie meer nie en die passasiers praat opgewonde, verligting op hulle gesigte.
“Wow, ons is deur die storm,” sê Nomsa.
“Nee, ons is nie,” sê Leonardo en wys na die venstertjie langs ons. “Kyk daar.”
Buite is ’n pers muur wat – wait for it – stadig in die rondte draai. Ek leun vooroor en span my Bewaker-visie in om verby die ry passasiers langs ons deur die venstertjie aan die oorkant van die vliegtuig te kyk. Aan daardie kant is net so ’n bank wolke en dit draai ook stadig in die rondte.
“Hulle noem dit die stadion-effek,” deel Leonardo sy Wikipedia-wysheid met ons. “Die wolke lyk soos die paviljoene en die middel – waar ons nou is – is die rugbyveld, so to speak.”
“In other words, we’re in the eye of the storm,” sê Tara met ’n bewende stem.
Die bloed stol in my are. “Jy bedoel ons is in die middel van die storm en moet weer deur daai massa wolke kom voor ons veilig is?”
“Jip, maar ek is seker die ouens sal in die oog bly sirkel totdat hulle ’n plek in die wolke kry waar die storm nie so erg is nie.”
Aanvanklik klink Leonardo se woorde fine, maar die spiertjie wat langs sy oog spring en die wilde klop van sy hart wat ek sense, vertel ’n ander storie. Ek bou vinnig ’n muur sodat Tara en Nomsa nie ons seine kan optel nie. Hoe erg is dit regtig? sein ek vir hom.
Hy kyk vinnig na Tara en Nomsa.
Toemaar, ek het hulle uitgeblok.
Dinge is actually hectic. Ons het baie hoogte verloor én ons kort een enjin. Die oog van die storm lyk darem groot genoeg. As dit kleiner was, sou so ’n groot vliegtuig nie daarbinne kon sirkel nie.
Net toe kondig die kaptein aan dat hulle van die vliegtuigbrandstof gaan dump.
Nomsa vou haar arms oor haar kop en begin kerm. “Dis omdat hulle weet ons gaan val. Ek het julle mos gesê … Oe-ee, ons gaan mincemeat wees … My ma-hulle gaan nie eens genoeg van my bymekaar kry om my in Bospoort te gaan begrawe nie. My arme spirit gaan vir altyd rondhang tussen mense wat paddas en hase eet en …”
“Nomsa!” Ek leun oor Leonardo en gryp Nomsa se hande. “Dis nou genoeg. Ons gaan nie val nie. Ons …”
Ek bly stil toe ek die merk aan die binnekant van Nomsa se pols sien. Dit gloei. Ek kyk na my eie pols. Die lyntjies van die sirkels blink ook soos die elektriese draadjies in ’n gloeilamp.
“Bloody hell, what is this?” roep Nomsa uit en staar geskok na haar arm.
Ek lig my T-hemp op. Die merke op my maag lyk dieselfde.
“Check jou merk, Tara. Kali, kyk of myne ook so lyk.” Leonardo hou sy kop nader aan my. Ek ruik die seevakansiegeur van sy lyf en dit vat ’n millisekonde voor ek registreer dat die merk agter sy oor dieselfde as ons s’n lyk.
“Ja, dit blink ook.”
“Mine too,” sê Tara terwyl sy haar skoen weer aantrek. “Ek verstaan nie. Dit brand nie soos wanneer die Ander naby is nie.”
“Daai goed onder ons velle is alien glow-in-the-dark-wurms …” kerm Nomsa.
“Die Ander is dalk nie naby nie, maar ek dink hulle het op ’n manier iets te doen met wat hier gebeur,” sê Leonardo.
“… die wurms het deur ons sweetgate gekruip,” karring Nomsa aan terwyl nie een van ons na haar luister nie.
“I sense the Others too, but not in here,” sê Tara.
En nou? Hoekom staan al die vroue in die vliegtuig op? Selfs die twee tannies langs Tara kom regop. Ek trek my oë op skrefies. Hoekom anders lyk hulle so wasig? So spookasemrig?
Skielik, poef! is hulle weg.