Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal - Riens Vosloo - Страница 3

Liewe leerder

Оглавление

Jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan nog jou beste maat word. Eintlik is boeke beter as maats, want hulle het altyd tyd vir jou, hulle praat nie terug nie, baklei nie, en hulle skinder ook nie van jou nie! En hulle neem jou na wonderlike wêrelde toe. Wanneer jy lees en jouself inleef in die gebeure en karakters in ‘n storie, vergeet jy van al die ander dinge rondom jou.

Maar jy gaan nie net gewone stories lees nie. In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is legendes, mites, sprokies en vertellinge wat jou nuwe avonture gaan laat beleef of jou hare gaan laat regop staan. Daar is ook dramas wat julle in groepe kan beurtlees of opvoer, gedigte wat jy kan lees vir genot en selfs saam met jou maats kan dramatiseer. Dalk word jy ’n skrywer en gee jou Piekfyn Afrikaans Leesboek vir jou ’n paar goeie idees vir jou eie skryfwerk! Het jy geweet goeie skrywers lees sommer van jongs af baie?

Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees. Geniet hierdie jaar se Piekfyn Afrikaans Leesboek!

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal

Подняться наверх