Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 135

Pitkos

Оглавление

’n Verslag word aan die einde van ’n gebeurtenis soos ’n ondersoek of ’n bespreking, geskryf.

Die doel van ’n verslag is dat ander mense presies kan weet wat bespreek is en wat die uiteindelike slotsom van die bespreking was. Wanneer ’n joernalis in ’n koerant skryf oor iets wat gebeur het, doen hy verslag en ons noem hom ’n verslaggewer. Jou rapport wat jy aan die einde van die kwartaal kry, is ook ’n verslag van die werk wat jy gedoen het.

In die sakewêreld word baie verslae geskryf. Aan die einde van ’n finansiële jaar moet elke maatskappy verslag aan sy aandeelhouers doen oor die suksesse en mislukkings van die maatskappy gedurende die jaar. Dit vertel dan sonder emosie of oordeel presies wat gebeur het.

Wanneer jy ’n verslag skryf moet dit die volgende kenmerke hê:

 Dit moet baie kort en saaklik wees en nie woorde soos “ek” of “ons” gebruik nie.

 Beantwoord die vrae: wie? wat? wanneer? waar? waarom/hoe?

 Die titel moet presies sê watter verslag dit is.

 Jou teikengroep is volwassenes/jou onderwyser en daarom moet jou taal meer formeel wees.

 Die inleidende paragraaf moet verduidelik wat gebeur het.

 Die slotparagraaf moet alles mooi opsom en ’n gevolgtrekking maak.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх