Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 142

Maak afleidings oor karaktereienskappe saam met die groep.

Оглавление

Hlaulu was ’n besondere mens met sterk karaktereienskappe. Kyk of julle kan agterkom watter karaktereienskappe sy besit. Gaan soos volg te werk:

 Elke groeplid kry ’n beurt om ’n halwe bladsy van die volksverhaal hardop voor te lees.

 Terwyl die een groeplid voorlees, moet die ander lede fyn luister en elke karaktereienskap wat in die gedeelte na vore kom, neerskryf. Skryf ook die gebeurtenis neer waaruit jy jou afleiding gemaak het sodat jou maats kan verstaan waarom jy die stelling maak. Die tabel hieronder gee ’n voorbeeld van hoe jy dit moet doen.

 Wanneer die eerste persoon klaar gelees het, moet groeplede aantekeninge maak. Vergelyk dit met ander groeplede se afleidings. Stem die groep saam?

 Wanneer die groep klaar gelees het, moet julle saam ’n finale lys van karaktereienskappe en motiverings neerskryf.

 Gee terugvoering aan die klas.

Kyk na die volgende voorbeeld.

KaraktereienskapWaarom sê jy so?
Gehoorsaam/behulpsaamSy neem elke oggend ’n potjie pap vir ’n siek ou vrou.
Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх