Читать книгу 40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout - Страница 4
ОглавлениеDaar kan met ’n boek soos hierdie net twee mense wees aan wie ek dit wil opdra: my ouers, Maryn en Giel. Dit is die twee mense wat my ganse lewe die intiemste medereisigers op my hartsreis is. Hulle is by uitstek die mense wat my herinner dat ashoop nooit ashoop hoef te bly nie; dat hoop altyd ons reise se bestemming is. Ek kan nie aan twee geselliger mense dink saam met wie ek, so lank ons lewe, elke tree sal wil stap nie.
Dan is daar is ’n spesifieke groep mense wat al my dank verdien: my medereisigers in Fontainebleau Gemeenskapskerk. Dit is die mense wat reeds ’n paar Lydenstyd-seisoene saam met my hartsreise tussen ashoop en hoop doen. Julle is my bemoedigers!