Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 25

Lydingsweg

Оглавление

Ons het lankal in plekke

soes Windermere

al ons verlangens

afgaleer

o Here Djy kan maar lyster

na ons lied

sonner worry, ons is lankal

verby vadriet

altyd as ek na die

oeg toe gaan

dan dink ek aan die brylof

by Kana

maar ons het lankal in plekke

soes Windermere

al ons verlangens

afgaleer

en as tussen die shanties

hier die wet

my soek vlug ek altyd

deur Nasaret

maar Here Djy kan maar lyster

na ons lied

sonner worry, ons is lankal

verby vadriet

so moenie worry nie Here

ek is opgafix

ek is my eie Here

en dan’s ons twie kiets

prik ’n anner gêng se manne

my eendag vol snye

gaat ek sterwe aan my eie

krys vi’ myne

o al lankal in plekke

soes Windermere

het ons al ons verlangens

afgaleer

al lankal in plekke

soes Windermere

al ons verlangens

afgaleer

Ko lat ons sing

Подняться наверх