Читать книгу Ko lat ons sing - Adam Small - Страница 31

Eksegese I

Оглавление

2 Konings 2:1–12

Elisa, bly tog hier in Gilgal

die Here roep my alleen na Bet-el

sê Elia, die man met die ligte vel

maar Elisa sê: sowaar die Here leef

sowaar as daar asem in my liggaam beef

ek verlaat jou nie

toe sê Elia: bly hier, die Here bo

– en jy en ek moet Hom albei glo –

wil hê ek moet alleen na Jerigo

maar Elisa sê: sowaar die Here leef

sowaar as daar asem in my liggaam beef

ek verlaat jou nie

toe sê Elia: nou moet ons uitmekaar uit gaan

die Here wil hê ons moet mekaar laat staan

die Here roep my alleen na die Jordaan

maar Elisa sê: sowaar die Here leef

sowaar as daar asem in my liggaam beef

ek verlaat jou nie

toe was Elia radeloos

Elisa wou nie weg nie, Elisa wou nie skei

Elisa het soos ’n skadu op sy spoor gebly . . .

maar toe word die Here self vir Elisa boos

– want die Here is met sy eie, bars of breek

die Here laat sy eie nooit in die steek –

en die Here het uit die storm gestuur

die wa met die perde en die vuur

*

Elisa het na sy donker vel gekyk

en verleë deur die donker weggestryk

Ko lat ons sing

Подняться наверх